Familie (Latyn: familia, meervoud familiae) is 'n rangorde in die taksonomie, oftewel wetenskaplike klassifikasie, tussen orde en genus.
Die 'familie' is die mees belangrike rangorde in die klassifikasie, naas 'spesie' en 'genus'.
Die familiebegrip is van redelik onlangse oorsprong in klassifikasie. Die Franse plantkundige Pierre Magnol het die Latynse woord in 1689 vir die eerste keer in hierdie konteks gebruik, toe hy 76 plantgroepe in families onderverdeel het. Carolus Linnaeus het 62 jaar later ook die Latynse woord benut om plante in hoofgroepe te onderskei, naamlik bome, kruie, varings, palmbome ensovoorts. Die woord in sy moderne betekenis, as 'n rangorde tussen orde en genus, is in 1796 vir die eerste keer deur Pierre André Latreille gebruik, as deel van sy klassifikasiestelsel vir insekte. In die laasgenoemde opsig het dit eers in die afgelope honderd jaar in algemene gebruik gekom.
In die taksonomie-sisteem het die familiewoord in Latyn tipiese agtervoegsels, om dit te kan onderskei as 'n familie-verwante woord. Dit is as volg:
Vertaal vanaf die artikel Family (biology) op die Engelse Wikipedia, en vanaf eie bronne.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Familie (biologie), which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.