'n Ewe getal in wiskunde is 'n heelgetal wat deur twee gedeel kan word.
Die heelgetalle wat nie deur twee gedeel kan word, is onewe getalle. Alle heelgetalle is of ewe of onewe getalle. Daar word na die konsep van ewe en onewe getalle verwys as pariteit.
Die ewe getalle is:
…, -6, -4, -2, 0, 2, 4, 6, …
Alle ewe getalle kan as 2n uitgedruk word en onewe getalle as 2n+1.
Die som van twee gelyke natuurlike getalle is altyd ewe. So is n + n = 2n, dus 'n veelvoud van 2.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Ewe getal, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.