Bywoord: Beskrywende woord wat meer inligting oor plek, tyd, wyse of graad verskaf

'n Bywoord of adverbium is 'n beskrywende woord wat 'n werkwoord, hele sin, byvoeglike naamwoord, telwoord of ander bywoord nader bepaal.

Dit verskaf meer inligting oor plek, tyd, wyse of graad. Voorbeelde van bywoorde is: hier, nou, opsetlik, en daarom.

As 'n sin meer as een bywoord bevat, is die volgorde altyd: tyd, wyse en dan plek.

Bywoorde van plek

Toets met die vraag "waar?". Voorbeelde:

  • Dit reën orals.
  • Sy loop buite.
  • Sy het daarheen gestap.

Bywoorde van tyd

Toets met die vraag "wanneer?". Voorbeelde:

  • Hy sal netnou uitkom.
  • Ek lees soms 'n boek.
  • Hulle speel middae saam.
  • Gister was Frank siek.

Bywoorde van manier/wyse

Toets met die vraag "hoe?". Voorbeelde:

  • Hy werk sing-sing.
  • Hy spring hoog.
  • Die man het hard gelag.
  • Sy praat al te heerlik oor die foon.
  • Sy is baie oulik.

Bywoorde van graad

Toets met die vraag "hoeveel?". Voorbeelde:

  • Hy stap uiters stadig.
  • Hy het byna tien albasters.

Voornaamwoordelike bywoorde

Hierdie bywoorde bestaan uit twee ander bywoorde: 'n bywoord van plek en 'n voorsetselbywoord. Voornaamwoordelike bywoorde vervang die kombinasie voorsetsel+naamwoord:

    Met hierdie pen --> hiermee

Merk op dat die voorsetsel met deur sy voorsetselbywoord mee vervang word en dat die volgorde omgekeer word. Meestal is die voorsetsel en sy bywoord dieselfde:

    Agter die woord --> daaragter

Kyk ook

Tags:

Bywoord e van plekBywoord e van tydBywoord e van manierwyseBywoord e van graadBywoord Voornaamwoordelike bywoordeBywoord Kyk ookBywoordByvoeglike naamwoordTelwoordWerkwoordWoord

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

HondAngssteuringBlaaskankerSamestellingVleilandNasionale VrouedagGroepsdrukMalariaGeskiedenis van die BoererepubliekeBeesAardeChemiese elementSophie SchollSirkelWaterbesparing in Suid-AfrikaNatuurbewaringTropiese sikloonSeksuele stimulasieVolstruisDoopAngina pectorisSomerInflasieProteïenErfenisPretoriaAnglo-BoereoorlogAtoomCleopatra VIIAntisemitismeToekoms van die AardeHemelvaartGasMynbouLongHeks van HexrivierSlag van BloedrivierKlavierKommunikasieRooms-Katolieke KerkBeroerteYstertydperkVloeistofLyfstraf in skoleWieg van die MensdomGoogle TranslateDemi Lee MooreTsoenamiGraatjiemeerkatIdioomOnderwysKunsIvan ZimmermannAalwynWes-KaapTatoeëermerkJansenvilleJodeMenseregteBorskankerMagnetismeWikiquoteNelson MandelaVingerseksStresMunhwa Broadcasting CorporationNederlandsPlastiekAppendiksSlawernySendelingposisieLys van Afrikaanse rolprenteOorlogKaliumVerfLys van Suider-Afrikaanse varswater visfamiliesSkaak🡆 More