Bdsm

BDSM is ’n soort erotiese praktyk wat oorheersing en onderdanigheid behels, asook seksrolle, vasbinding en ander soorte interpersoonlike dinamika.

Vanweë die groot verskeidenheid praktyke kan ’n paartjie dit beoefen sonder om dit as sulks te beskou; of ’n mens deel is van die BDSM-kultuur of nie is ’n kwessie van selfidentifikasie. Belangstelling in BDSM kan wissel van dit een keer beproef tot dit ’n lewenswyse maak.

Bdsm
’n Muurskildering in die Etruskiese Tomb of the Whipping, 5de eeu v.C.
Bdsm
Twee vasgemaakte vroue wie se monde toegeplak is.

BDSM behels gewoonlik ’n spesifieke rolspel en hulpmiddels. Laasgenoemde kan gebruik word om vryheid te beperk, soos ’n halsband, hand- en voetboeie, toue en ’n mondstang; vir seksspeletjies, soos dildo's, vibrators en anale proppe; om mee te slaan, soos swepe en gesels; vir pyn of plesier, soos naalde, messe en ysblokkies; of om mee te skok, soos ’n verskeidenheid elektriese toestelle. Seks en penetrasie kan deel wees van die speletjies, maar nie noodwendig nie.

Ander praktyke sluit onder meer in fopdossery, modifikasies van die liggaam, diererolle en lateks- en rubber-fetisje.

Die term BDSM dateer uit 1969; die oorsprong van die afkorting is egter onseker. Dit is moontlik gevorm van die Engelse afkortings vir bondage and discipline (B&D) en sadomasochism/sadism and masochism (S&M). Dit kan ook ’n saamgestelde afkorting wees vir B&D, D&S (dominance and submission) en S&M.

BDSM-aktiwiteite en –verhoudings word dikwels gekenmerk deur die aanneem van aanvullende, maar ongelyke rolle en dit maak die vooraf-toestemming van al die deelnemers noodsaaklik. Mense wat seksuele beheer oor hul seksmaats uitoefen, word dominants of tops genoem en dié wat ’n passiewe rol vervul, is submissives of bottoms.

Deelnemers se rolle word ook dikwels in geskrewe teks afgekort as Dom (’n man) of Domme (’n vrou), met ’n hoofletter; die submissives word subs genoem.

Verwysings

Tags:

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

BywoordProstaatkankerErosieVoëlDurbanFilistyneVerkragtingVars waterSwart menseDirekte en Indirekte redeMusiekAlfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeWhatsAppCovid-19-pandemieGipsVerenigde KoninkrykUnie van Suid-AfrikaAfrikanerweerstandsbewegingErektiele disfunksieMartin Luther King jr.VerkouePrimêre sektor van die ekonomieHefboomMetafoorLoftus MaraisAnneli van RooyenStereotipeDiamantMobutu Sese SekoSokkerWoordeboekLys van Nasionale Simbole van Suid-AfrikaTatoeëermerkViëtnamoorlogRasionale getalOnderwysIdioomGemeenskapVraag en aanbodAnilingusVrystaatMynbouGeografie van Suid-Afrika1913Goudkus (streek)Geskiedenis van Suid-AfrikaKarooSelakantDemi Lee MooreChemiese verbindingNarsismeGroepsgebiedewetSebraSeegolfMigrasie van diereRookgewoonteSeksualiteitGrondwet van Suid-AfrikaBernice WestRekenaarDriehoekDesimale breukeWêreldwye webMeningsverskil oor aardverwarmingAfrikaanse TaalmonumentErfenisAlkoholismeAardbewingMenstruasieEjakulasieSkildklierHigiëneKaapstadJan van TonderLieweheersbesieBatePankreas🡆 More