Arabies (العَرَبِية, al-ʻarabiyyah luister (hulp·inligting) of عربي ,عربى ʻarabī luister (hulp·inligting)) is die taal van die Arabiere, wat ook die hooftaal in Noord-Afrika, die Midde-Ooste en die Horing van Afrika is.
Dit is 'n Semitiese taal wat deur 242 miljoen mense as hulle moedertaal beskou word en deur vele meer as ampstaal en/of liturgiese taal aangewend word. Dit word as sesde werkstaal van die Verenigde Nasies erken. Arabies is die amptelike taal van 28 lande, die derde meeste naas Engels en Frans. Daarbenewens is dit 'n belangrike minderheidstaal in lande soos Iran en Turkye. Arabies word in die Arabiese alfabet geskryf.
Arabies bevat verskeie dialekte, waarvan Egiptiese Arabies die belangrikste is. Amper elke Arabiestalige land beskik oor sy eie dialek. As gevolg van die Arabiese diaspora (verspreiding) het die Arabiese taal ook in lande soos Argentinië, Brasilië, Frankryk, Italië en Spanje gevestig geraak.
Arabies is die liturgiese taal van Islam en byna elke Moslem verstaan Arabies en kan die Arabiese alfabet lees. Dit was die profeet Mohammed se moedertaal en die Koran is in Arabies geskryf. Daarbenewens gebruik Arabiese Christene ook Arabies en Maltees, die amptelike taal van die merendeels Rooms-Katolieke Malta. Maltees het uit 'n Arabiese dialek ontwikkel.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Arabies, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.