Teenpous Celestinus Ii: Italiaanse kardinaal, antipous 1124

Celestinus II gebore Teobaldo Boccapecci (in Latyn Theobaldus Buccapecus} was 'n pous van die Rooms Katolieke Kerk vir 'n paar dae vanaf 15 Desember 1124.

Omdat sy verkiesing nie volledig voltrek is nie, is sy naam nie opgeneem in die amptelike lys van pouse nie en geld hy dus as 'n teenpous.

Teenpous Celestinus II
Geboortenaam Teobaldo Boccapecci
Geboorteplek Rome
Sterfdatum ongeveer 1126
Teenpous van Pous Honorius II
Begin van pontifikaat 15 Desember 1124
Einde van pontifikaat 18 Desember 1124

Biografie

Teobaldo Boccapecci was waarskynlik 'n lid van die Romeinse adel. Tot 17 April 1121 is hy kardinaal-diaken van Santa Maria Nuova aangestel deur Pous Paschalis II. Op 6 April 1123 word hy aangestel as kardinaal-priester van Sint Anastasia in Rome.

Op 13 Desember 1124 sterf Pous Callixtus II. Drie dae later word Buccapecus verkies as sy opvolger en hy kies die naam Celestinus II. Die verkiesing word egter onderbreek deur gewapende troepe onder leiding van Robert Frangipani ook lid van die Romeinse adel en lid van die keiserlike party in die Investituurstryd. Die aanwesiges word verdryf en die adel benoem hulle eie kandidaat, Lamberto Scannabecchi wat die naam Honorius II aanneem. Honorius het die goedkeuring van keiser Hendrik V van die Heilige Romeinse Ryk gehad. Na 'n paar dae bedank Honorius uit sy amp omdat hy nie met geweld wou pous word nie. Celestinus se aanhangers het die gebaar baie waardeer. 'n Kort tydjie later bedank Celestinus ook uit sy amp om die impasse op te los. Dit is nie duidelik of die bedanking vrywillig of onder druk was nie. Na Celestinus se aftrede is Honorius toe as pous gewy op 21 Desember 1124.

Verwysings

Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Nederlandse Wiki vertaal.

Tags:

112415 DesemberRooms Katolieke KerkTeenpous

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Carles PuigdemontSamestellingStam (taalkunde)Suid-Afrikaanse GrensoorlogAborsieSuiwelprodukBywoordDoelwitVolksrepubliek ChinaAssonansieRooms-Katolieke KerkWayde van NiekerkEerste WêreldoorlogSlag van Cuito CuanavaleBaälGeskiedenis van Suid-AfrikaTafelsoutSmeltpuntAngolese BurgeroorlogSimboolWeer (meteorologie)Water (molekuul)AfrikaansWaterpokkiesReënEienaamEreksieSatellietfotoProvinsies van Suid-AfrikaMIV/vigs in Suid-AfrikaMassaPieter DuvenageMiltBosluisbytkoorsSeeGroepsgebiedewetRenaissanceLys van kleureBuck AngelHempOnderwerp (taalkunde)XenofobieKunselementeProstaatklierAfrikaanse WikipediaSpringbokkeKriekSeksuele opwekkingOnderhandelinge om apartheid te beëindigChemiese elementTydRooikatPolitieke partyLetterlike en figuurlike taalgebruikJan-Willem BreureEsmé EuvrardTrekarbeidMorfologie (taalkunde)Bruin menseOnderwys in Suid-AfrikaDemi Lee MooreNieregeringsorganisasieVryheidsdagNasionaal-Sosialistiese Duitse ArbeiderspartyAntoniemDirekte en Indirekte redeTekstielAbsolute monargieKabinet van Nelson MandelaLys van visseLiesbreukInternasionale Historiese Genootskap Robbeneiland🡆 More