Spermskenking

Spermskenking is wanneer ’n man van sy sperma verskaf vir gebruik in die kunsmatige bevrugting af ander soort vrugbaarheidsbehandeling van ’n vrou wat nie sy lewensmaat is nie sodat die vrou swanger kan raak.

Die man is bekend as ’n spermskenker en die sperma wat hy verskaf as skenkersperma omdat die bedoeling is dat die man afstand doen van al sy wetlike regte op enige kind wat uit sy sperma gebore word, en hy sal nie die wettige pa wees nie.

Watter vorm van bevrugting ook al gebruik word, die aard en verloop van die swangerskap sal dieselfde wees as vir een wat die gevolg van seksuele omgang is, en die spermskenker sal die biologiese pa wees van elke kind wat uit sy sperma gebore word. Dit is dus ’n vorm van "derdepartyvoortplanting".

Sperma kan direk aan die vrou geskenk word wat dit wil gebruik, of deur ’n spermbank of vrugbaarheidskliniek. Swangerskap word gewoonlik bereik deur kunsmatige bevrugting. Minder algemeen is dat skenkersperma vir in vitro-bevrugting gebruik word, waar bevrugting buite die liggaam plaasvind. Die meeste ontvangers van skenkersperma is enkellopende vroue, lesbiërs of paartjies wat sukkel om swanger te raak.

Spermbanke en klinieke

Spermbanke of klinieke kan onderworpe wees aan staats- of professionele regulasies, insluitende beperkings op die anonimiteit van die skenker en die hoeveelheid swangerskappe wat uit sy skenkings mag voortspruit.

Daar is ook ander geregtelike beskermingsmaatreëls oor die regte en verantwoordelikhede van beide die skenker en ontvanger. Sommige spermbanke beperk die hoeveelheid inligting wat aan moontlike ontvangers bekend gemaak word, óf uit eie keuse óf vanweë regulasies. ’n Begeerte om meer inligting oor die skenker te wete te kom, lei dikwels daartoe dat eerder van privaat spermskenkings gebruik gemaak word.

Verwysings

Bronne

Tags:

SpermSwangerskap

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Sharpeville-slagtingNederlandVaginaAfleiding (taalkunde)Chemiese elementEkonomie van Suid-AfrikaWikiquoteInternetHeupPersentasieUniegebouMynbouChemiese verbindingMadison IvyKolonisasieDarwinismeOmtrek, oppervlakte en volumeMosesKonflik (proses)BeurtkragSteenkool in Suid-AfrikaHulpwerkwoord2001RieldansHindoeïsmeNatuurbewaringN.P. van Wyk LouwGroot Muur van ChinaWet op Bantoe-onderwysAardverwarmingJodeAlliterasieHandwoordeboek van die Afrikaanse TaalCalviniaClanwilliam-sandvisPikkewynKameelperdOssewaXenofobieGeografie van Suid-AfrikaBiologieRudi ClaasePerdDonkieWeervoorspellingFabelIngrid JonkerTylaNederlandsDigvormVloeistofKriekSpringbokNoordwesVarkHartversakingLeierStrykysterSkoenlapperBoelieryMeningsverskil oor aardverwarmingNag van die lang messeBloukraanvoëlBybelArthur GrumiauxKoolhidraatKwaZulu-NatalVaginale kankerPad na jou hartAppelDrakensbergeBysteekEkologieHernubare energieHartaanvalBreingewas🡆 More