Spasiefout

'n Spasiefout by kontinentale Germaanse tale verwys na die verskynsel waar woorde wat deel is van 'n samestelling los van mekaar geskryf word (met 'n spasie tussenin), terwyl die spelreëls voorskryf dat hul vas of met 'n koppelteken geskryf moet word.

Dit kom veral voor by samestellings wat uit lang woorddele bestaan, of waarvan een van die woorddele 'n eienaam of handelsnaam is.

Spasiefout
Een spelfout en drie spasiefoute opgemerk:
Sportskompleks* (sportkompleks), sportscomplex* (sports complex)
drank gebruik* (drankgebruik) en rommel strooi* (rommelstrooi).
Spasiefout
Hierdie straatnaam is buite hoop.
Spasiefout
Amptelik verkeerd: Landdroskantoor is die korrekte spelwyse.
Spasiefout
Kry jou ry: Wegsleepsone is een woord; 'n koppelteken ontbreek.

Volgens die Afrikaanse woordelys en spelreëls word spasiefoute in Afrikaans gewoonlik gemaak weens voortdurende kontak met Engels, waar die los of vas skryf in baie gevalle nie so konsekwent soos in Afrikaans is nie.

Voorbeelde

Spasiefout Regte spelling
Drank gebruik Drankgebruik
Hoë spoed trein Hoëspoedtrein
Hoop Straat Hoopstraat
IBM rekenaar IBM-rekenaar
Rommel strooi Rommelstrooi
Spasie fout Spasiefout
Sport kompleks Sportkompleks
Web bladsy Webbladsy

Bron

Tags:

EienaamGermaanse taleHandelsmerkKoppeltekenSamestellingSpellingWoord

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaSosiale mediaAnette EngelbrechtVaginaGrondwetAardkorsSeksismeAntisemitismeWerkloosheidVerstedelikingRudi ClaaseKasterolieOseaanbesoedelingNamakwalandKoppeltekenBotswanaWaterbesoedelingSlaginstrumentApartheidPornografieVaste stofAngssteuringKarpaletonnelsindroomMenseregteLeeuWikipediaKlimaatveranderingDuitse maselsWerkersdagHindoeïsmeLys van politieke partye in Suid-AfrikaTobie CronjéDemografie van Suid-AfrikaHoenderVersamelnaamChristendomEkonomie van Suid-AfrikaDemokratiese Republiek die KongoMantisCorioliskragSlawernyAngolaKorrupsieVerenigde KoninkrykLongontstekingIranse aanval op Israel in 2024Uitwerking van klimaatsveranderingSeksHaasVrouWaterstofLoftus MaraisAborsie in Suid-AfrikaSuider-AfrikaVoegwoordMIVLongImpakte van toerismeKondensasieJan-Willem BreureBysteekSeekoeiOrganisasie sonder winsoogmerkGeelsugPieter PieterseTermietAngina pectorisSoortnaamSintetiese veselsMateriaalPolisie7de Laan🡆 More