Soshanguve is 'n dorp in Suid-Afrika, geleë sowat 25 km noord van Pretoria in Gauteng-provinsie.
Dit is onder beheer van die Tshwane-metroraad en het ongeveer 403 200 inwoners in 2011 gehad.
Soshanguve | |
---|---|
Koördinate: 25°31′37″S 28°6′32″O / 25.52694°S 28.10889°O 28°6′32″O / 25.52694°S 28.10889°O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Gauteng |
Munisipaliteit | Stad Tshwane |
Oppervlak | |
• Totaal | 126,77 km2 (48,95 vk. myl) |
Bevolking (2011) | |
• Totaal | 403 162 |
• Digtheid | 3 180/km2 (8 200/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 0.1% |
• Indiërs/Asiërs | 0.1% |
• Bruin mense | 0.3% |
• Swart mense | 99.2% |
• Ander | 0.4% |
Taal (2011) | |
• Noord-Sotho | 28.2% |
• Tswana | 16.7% |
• Tsonga | 15.1% |
• Zoeloe | 13.6% |
• Ander | 26.5% |
Poskode (strate) | 0164 |
Poskode (posbusse) | 0152 |
Skakelkode | 012 |
Dit is in 1974 gestig op grond wat bestem was om 'n tuislanddorp te word langs Mabopane in Bophuthatswana. Inwoners sou hervestig word van Atteridgeville en Mamelodi, beide in Pretoria. Dit het later deel van die Stad Tshwane Metropolitaanse Munisipaliteit geword.
Die naam Soshanguve is 'n afkorting vir Sotho, Shangaan , Nguni , Venda , synde die tale wat in hierdie dorp gepraat word.
Aanvanklik was Soshanguve bekend as Mabopane-Oos voor die tuisland Bophuthatswana 'n onafhanklike staat geword het in Desember 1977. sedertdien het Mabopane-Wes bekend gestaan as Mabopane en dit het onder beheer van Bophuthatswana tuisland geval, terwyl Mabopane-Oos bekend was as Soshanguve wat onder die Transvaal-administrasie geresorteer het.
Soshanguve was die toneel van uitgebreide onluste wat verband gehou het met swak dienslewering in Januarie 2006. Dit was ook die tuiste van Smangaliso Mkhatshwa, die katolieke priester, wat verban is uit Transkei deur die apartheidregering totdat hy later 'n lid van die eerste post-apartheid parlement geword het in 1994 en later ook burgemeester van Tshwane. Ander bekende anti-apartheidaktiviste was Mpho Walter Molema, Thabo Makola, Tamati Matlala en Steven Makena, wat dood is tydens die 1985-1986 onlustydperk, waarna 'n noodtoestand verklaar is deur die apartheidsregering onder PW Botha.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Soshanguve, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.