Sorbe

Die Sorbe (Opper-Sorbies: Serbja, Neder-Sorbies: Serby, Duits: Sorben, vroeër ook Wende) is 'n Wes-Slawiese volk van 60 000 wat in Duitsland as nasionale minderheid erken word.

    Hierdie artikel handel oor die etniese groep. Vir die taal, sien Sorbies.
Sorbe
Sorbe
Vier generasies in tradisionele kleredrag
Totale bevolking: 60 000–70 000
  • 40 000 Opper-Sorbe
  • 20 000 Neder-Sorbe
Belangrike bevolkings  in: Vlag van Duitsland Duitsland 60 000

Flag of the Czech Republic Tsjeggië 2 000

Taal: Sorbies (Neder-Sorbies en Opper-Sorbies), Duits
Geloofsoortuiging: Hoofsaaklik Protestantisme en Rooms-Katolieke Kerk
Verwante etniese groepe: Ander Slawiese volke soos Pole, Slowake en Tsjegge; Duitsers
Sorbe
Die ligging van die Lausitz-streek in Europa
Sorbe
Die verspreiding van Sorbe in die Duitse deelstate Brandenburg en Sakse

Die merendeels Rooms-Katolieke Sorbe is nasate van Slawiese volksgroepe wat vanaf die 8ste en 9de eeu die gebiede tussen die Elbe-, Oder- en Saale-riviere bewoon het. Hulle is tans in twee Duitse deelstate, Brandenburg en Sakse, en hier in die Opper- en Neder-Lausitz-gebied (in die Spreewald en rondom die stede Hoyerswerda en Bautzen) gekonsentreer.

Die Sorbe het steeds hul eie taal en kultuur bewaar en beskik oor hul eie vlag en volkslied wat deur die Duitse owerheid amptelik erken word. Enigiemand mag homself as deel van die Sorbiese volk reken. Die Sorbe se reg op kulturele outonomie is in die sogenaamde Sorbe-wet van 22 Maart 1948 verskans, hul kulturele aktiwiteite word deur die staat finansieel gesteun.

Sorbiese simbole

Die eerste verwysing na 'n Sorbiese vlag dateer uit 1842. Ná die Pan-Slawiese Kongres, wat in 1848 in Praag gehou is, het die vlag sy huidige kleure gekry. Die vlag is in 1935 deur die Nasionaal-Sosialiste verbied, word egter sedert 17 Mei 1945 weer amptelik deur die Domowina, die sambreelorganisasie van Sorbiese verenigings, gebruik.

In die vlagwette van die Duitse Demokratiese Republiek is nie na die Sorbiese vlag verwys nie, tog het verordenings, wat deur die rade van die administratiewe distrikte Cottbus en Dresden uitgevaardig is, sy gebruik vir besondere geleenthede en feesdae bepaal.

As Sorbiese volkslied word Rjana Łužica ("Mooi Lausitz") gesing. Volgens die grondwet van die Vrystaat Sakse en die Wet oor die Sorbe van die deelstaat Brandenburg mag die Sorbiese volkslied en vlag naas ander staatsimbole gebruik word.

Vlae

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Sorbe Sorbiese simboleSorbe VerwysingsSorbe Eksterne skakelsSorbeDuitsDuitslandNeder-SorbiesOpper-SorbiesWes-Slawiese tale

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

AgtervoegselNic de JagerDesmond TutuLyfstraf in skoleAfrikaansGeweldMaatskappyDigvormMeningsverskil oor aardverwarmingNasiebouProvinsies van Suid-AfrikaRefentse MorakeBevolkingWieg van die MensdomWoestynMynbouChloorBoer Soek 'n VrouE-posTelevisieBek-en-klouseer2001DonderstormFanie ViljoenAkuutLewerHartversakingAarde se atmosfeerPriemgetalWaterstofVloeistofGoudkus (streek)Mark (ekonomie)Mobutu Sese SekoImpakte van toerismeFinale OplossingGawes van die Heilige GeesVliegtuigMolekuulSkildklierJavaScriptBrendan PeyperDermpoliepJudaïsmeDataverwerkingSomerProteïenSwartbewussynsbewegingPussy RiotNeonNasionale erfenisterreine van Suid-AfrikaTussenwerpselGordelroosTennisLieweheersbesieJakkalsAntoniemUitwerking van klimaatsveranderingKaapse florarykAbstraksie (rekenaarwetenskap)PlastiekLys van elemente volgens simboolHorlosieBosluisVoëlAfrikaanse woordelys en spelreëlsSeksuele penetrasieKlavierYstertydperkGetalStilleweHartaanvalBTWVingerseksLys van visseLongontsteking🡆 More