Sophia Kapp

Sophia Kapp (gebore 1965) is ’n bekroonde Afrikaanse skrywer van liefdesromans.

Sy debuteer in 2007 met die eerste insetsel, Die erflating, van ’n trilogie wat handel oor drie susters. Kapp is ook sedert 2013 lid van die Taalkommissie van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns en werk sedert 2014 as taaladviseur by die Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA).

Lewe en werk

Sophia Kapp is in 1965 gebore en is die enigste kind van Matthys Swart, ’n prokureur, en Gertina Swart, ’n Afrikaansonderwyseres. Sy word groot in Durban en matrikuleer in 1982 aan die Dirkie Uys Hoërskool. Hierna studeer sy tot 1987 aan die Universiteit van die Oranje-Vrystaat in Bloemfontein. Vir geruime tyd is sy ’n dosent in Afrikaans aan die Noordwes-Universiteit. Sy het as taalpraktisyn gewerk vir die Suid-Afrikaanse Aptekersraad en die Wes-Kaap Onderwysdepartement, tot sy weer dosent in Vertaal- en Tolkstudie by die Potchefstroom-kampus van die Noordwes-Universiteit word. Sy werk tans voltyds as taaladviseur vir die Virtuele Instituut vir Afrikaans, en skryf deeltyds. Sedert 2013 is sy lid van die Taalkommissie van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns.

Skryfwerk

Die erflating is die eerste boek in ’n trilogie oor drie susters en word in 2008 bekroon met ’n ATKVeertjie vir liefdesroman van die jaar. Hierdie verhaal speel in Kaapstad af, waar Adri Malan finansiële direkteur is van haar pa se maatskappy. Wanneer hy sterf, hoor sy dat hy die maatskappy aan ’n vreemdeling verkoop het, sodat sy onverwags in iemand anders se diens is in stede daarvan om haar eie baas te wees. In ’n Nuwe lente is JC, Adri se suster, die hoofkarakter. Na die mislukking van ’n liefdesverhouding, begeef sy haar na ’n stranddorpie. Hier word sy gedwing om ’n strandhuis met die slonserige en ongeskikte Josua du Toit te deel. Waar die hart is vertel weer van Idalette, die rooikop stiefsuster met ’n temperament om by haar hare te pas. Haar loopbaan as model is verby, haar huwelik is op die rotse en Charl Nienaber, wat in beheer is van haar erflating, laat geen twyfel oor wat hy van haar vermoëns as enkelouer dink nie.

Die tuiskoms is in 2009 op die kortlys vir die toekenning van die ATKV se prys vir liefdesromans en is eindelik naaswenner. Hierin word onder andere die tema van gesinsgeweld aangeroer. Liz Aucamp het Groblersdorp in die Klein-Karoo tien jaar gelede as banneling verlaat en daarna ’n onkoloog geword met ’n blink toekoms. Omstandighede dwing haar egter terug Groblersdorp toe. Hier moet sy haar staal vir die herontmoetings met Jans Gildenhuys, wat haar jong liefde versmaai het; met die prokureur Herk Louw wat haar bloot op grond van skinderstories veroordeel en verwerp het; en met die snobistiese Magdel Aucamp. Sy besef egter gaandeweg dat Groblersdorp haar vaardighede nodig het en dat sy hier ’n reuseverskil kan maak, as sy maar net ’n plek in Herk Louw se hart kan kry. In Die ooreenkoms is die sakeman Adam en die sangeres Petronel se wêrelde ver van mekaar verwyder, maar na ’n nag van passie sluit hulle ’n ooreenkoms.

Danielle se eerste jaar op universiteit is in Die verhuising nie wat sy gedink het dit gaan wees nie. Sy is op ’n kampus waar sy nie wil wees nie, op ’n dorp waarvan sy nie hou nie en deel ’n huis met ’n ma wat beheer oor haar eie lewe verloor. Elkeen dra sy eie kruis in hierdie huis. Huis van die wind wen in 2012 die ATKV-prys vir liefdesromans. Dit vertel van die liefdesverhouding tussen ’n Afrikaanse vrou uit ’n gesiene familie en ’n Portugese kafeebaas se seun, wat verskeie struikelblokke sal moet oorkom as dit wil slaag. In Driehoek is die hoofkarakter Tessa reeds bekend as ’n newekarakter uit “Die verhuising”. Sy ontmoet die liefde van haar lewe, maar hy verskil in elke denkbare opsig van die man van haar drome. Hierdie roman word in 2014 bekroon met die ATKV-prys vir liefdesromans.

Oorlewingsgids vir ’n bedonnerde diva se hoofkarakter is Simoné Bekker, wat deur haar tweede egskeiding gedwing word om saam met haar tienerseun terug te keer na haar ma in Boekenhoutskloof, waar sy grootgeword het. Sy is terneergedruk omdat sy toegelaat het dat haar eiewaarde vertrap word en dat sy versuim het om op te tree in belang van haar kind. Hierdie keer besluit sy om haarself reg te ruk, sodat sy weer haar plek in die lewe kan volstaan en nooit weer toe te laat dat iemand oor haar stoomroller nie. Die pad is moeilik, maar met die hulp van haar ma Magdaleen, haar seun en veral Barnard Richter, oorleef sy tog en kan sy ’n gids daaroor skryf.

Publikasies

  • 2007 Die erflating en ’n Nuwe lente
  • 2008 Waar die hart is en Die tuiskoms
  • 2009 Die ooreenkoms
  • 2010 Die verhuising
  • 2011 Huis van die wind
  • 2013 Driehoek
  • 2016 Oorlewingsgids vir ’n bedonnerde diva en Moeilikheid met 'n meermin
  • 2018 Kantelpunt
  • 2019 Tweede kans op geluk
  • 2020 Kanaän
  • 2022 Wimpers op Lakens (vir Albert Bredenhann)
  • 2022 Heimwee

Verwysings

Bronne

  • Anoniem “Elke dag maak saak”, Rooi Rose, Januarie 2008
  • Roux, Jaybee “Drie liefdesverhale verskaf goeie vermaak”, Plus, 16 September 2008
  • Roux, J.B. “Elke nuwe storie is anders”, Beeld, 6 Februarie 2013
  • Salzwedel, Ilse “Romanse: Dis haar genre en basta!”, My tyd Rapport, 13 Desember 2009

Tags:

Sophia Kapp Lewe en werkSophia Kapp SkryfwerkSophia Kapp PublikasiesSophia Kapp VerwysingsSophia Kapp BronneSophia Kapp2007Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en KunsTaalkommissieVirtuele Instituut vir Afrikaans

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Rugbywêreldbeker 1991Erica BoyerEier (biologie)Menslike penisgrootteHondeklipbaaiVaginaHerpes simplexOnderwys (geskiedenis)GeelslangWeer (meteorologie)OrgasmeDuitsPredikante van die Gereformeerde Kerke in Suid-AfrikaMuggieHelm (geboorte)Wes-AfrikaBruin huisslangVermaakPankreasKoos du PlessisSally EsterhuizenReënspinnekopJacques LootsBeesVoortrekkermonumentSuid-Afrikaanse etniese groepe en kultureHemelvaartsdagAfrikaanse WikipediaNaeltjiesSeksSonsverduisteringSuiwelprodukLys van lande volgens bevolkingSlukdermAardeLys van Suider-Afrikaanse soogdiereTweede WêreldoorlogOlimpiese godeVolhoubaarheidCarike KeuzenkampInsekKangaroeJohannesburgTandbederfKoningWortelKewerProstaatkankerSteve BikoHannes van WykPinksterWaldimar PelserAlvin BruindersAardbewingLuiperdWikiquoteAleksei NawalniGesinsdagKoue OorlogInligtingSiembambaLewerPenisKruisigingRussiesMiddelmisbruikMotorregistrasienommerplate van Suid-Afrika🡆 More