Somaliërs

Die Somaliërs (Somalies: Soomaali; Arabies: صومال) is 'n etniese groep inheems aan die Horing van Afrika.

    Hierdie artikel handel oor die etniese groep. Vir die taal, sien Somalies.

Hulle praat Somalies as moedertaal en Arabies as tweede taal. Somaliërs vorm die titulêre nasie van Somalië (12,3 miljoen) en belangrike minderhede in die buurlande Djiboeti (464 400), Ethiopië (4,6 miljoen), Jemen (200 000) en Kenia (2,4 miljoen). As gevolg van die Somaliese burgeroorlog het die Somaliese Diaspora ook in lande soos Australië, Kanada, Nieu-Seeland, Suid-Afrika, die Verenigde Koninkryk, die Verenigde State asook in verskeie Asiatiese en Europese lande gevestig. Wêreldwyd leef tussen 16 en 20 miljoen Somaliërs, met 'n groot aantal aan vlugtelinge.

Somaliërs
Somaliërs
Totale bevolking: ca. 16–20 miljoen
Belangrike bevolkings  in: Vlag van Somalië Somalië 12,3 miljoen

Vlag van Ethiopië Ethiopië 4,6 miljoen
Vlag van Kenia Kenia 2,4 miljoen
Vlag van Djiboeti Djiboeti 464 600
Vlag van Jemen Jemen 200 000
Vlag van Kanada Kanada 150 000
Vlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk 108 000
Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State 85 700
Vlag van Swede Swede 57 906
Vlag van Verenigde Arabiese Emirate Verenigde Arabiese Emirate 50 000
Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika 40 000
Vlag van Noorweë Noorweë 38 413
Vlag van Nederland Nederland 37 432
Vlag van Saoedi-Arabië Saoedi-Arabië 20 000
Vlag van Denemarke Denemarke 18 645
Vlag van Finland Finland 16 721
Vlag van Duitsland Duitsland 16 489
Vlag van Australië Australië 9 914
Vlag van Italië Italië 8 112
Vlag van Pakistan Pakistan 2 500
Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland 1 617

Taal: Somalies
Geloofsoortuiging: Islam (Soennitiese en Soefisme)
Verwante etniese groepe: Afar • Agaw • Amhare • Beja • Oromo • Tigre • Tigrinya en ander Koesjitiese volke
Somaliërs
CIA-kaart van die Somaliërs se verspreiding in 2002
Somaliërs
Verspreiding van die Somaliese Diaspora in 2006

Somaliërs en hul taal Somalies behoort tot die Koesjitiese tak van die Afro-Asiate. Hulle is oorwegend aanhangers van die Islamitiese godsdiens (Soennitiese en Soefisme met 'n klein minderheid van Sjiïete). Somaliërs beoefen tradisioneel die makmaak van diere soos beeste, bokke en skape. Die Somaliese samelewing is organiseer in klane, waartoe elke Somaliër deur sy vaderlike afkoms behoort.

Die Somaliërs vorm die derde grootste etniese groep in Ethiopië na die Oromo en die Amhare en vorm die titulêre nasie van die Ogaden-streek, een van nege etniese streke in Ethiopië. In Djiboeti is sowat 60% van die bevolking etniese Somaliërs, die grootste etniese groep nog voor die Afar met 35%.

In Suid-Afrika het sedert 1991 ten minste 40 000 Somaliërs gevestig, veral in groot stede soos Johannesburg, Durban, Kaapstad en Pretoria. Hulle het vinnig in die kommersiële sektor gevestig en werksgeleenthede vir hulself geskep en hul eie winkels geopen.

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

ArabiesAsiëAustraliëDjiboetiEthiopiëEtniese groepEuropaHoring van AfrikaJemenKanadaKeniaMoedertaalNieu-SeelandSomaliesSomaliese DiasporaSomaliëSuid-AfrikaVerenigde KoninkrykVerenigde State van Amerika

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Black SashGoudkus (streek)GloeilampVrystaatPersentasieKoolhidraatStikstofDeelwoordLys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaKindersiektesTatoeëermerkSoweto-opstandDiatomiese molekuulKweekhuisgasNasionale erfenisterreine van Suid-AfrikaLieweheersbesieJohannesburgMIVEkonomiese geskiedenis van Suid-AfrikaItaliëKunsSkoolSkildklierTrappe van vergelykingSpinnekopSoutsuurInflasieHaasGeskiedenis van erotiese afbeeldingsMenseregtedagPussy RiotPenisChloorAustraliëVergelykings (taalkunde)EreksieVratMandalaBrandmondsindroomEtniese groepSpierRivierLiesbreukHoenderPaarl GimnasiumOntdekking van goud in Suid-AfrikaEkonomiese kwessies in Suid-AfrikaLionel PetersonLys van Griekse mitologiese figurePornografiese akteurOseaanSpysverteringstelselDokterPapierDuitse maselsMagsverheffingGoogleVerkoueTussenwerpselRooibokMiteSosiale mediaOrthopteraVryheidsmanifesMonopolyGeprosesseerde kosSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 1994HokkieLarry PageSeekoeiGeskiedenis van AfrikaansHannes van WykWortelAntoniemStillewe🡆 More