Soesji

Soesji (Hiragana: す し, Kanji: 寿司, 鮨) is 'n gereg uit die Japannese kookkuns met 'n deursnit van 'n paar sentimeter.

Dit bestaan altyd uit (afgekoelde) gekookte rys (鮨 飯, sushi-Meshi) wat met rysasyn ingesuur is. Dit word gewoonlik gekombineer met ander bestanddele (ネ タ, neta) soos vis of seekos, gebakte eier, groente en soms tropiese vrugte. Die bestanddele en aanbieding van soesji is uiteenlopend, maar rys is die bestanddeel wat alle soesji in gemeen het (ook bekend as shari (し ゃ り) of sumeshi (酢 飯)).

Soesji
Soesji
Soesji
Soorte soesji

Soesji kan met óf bruin- of witrys voorberei word. Soesji word dikwels berei met rou seekos, maar sommige algemene variante maak gebruik van gekookte bestanddele. Rou vis (of soms vleis) in snye en bedien sonder rys word sashimi genoem.

Soesji word dikwels bedien met gemmer, wasabi en sojasous.

Soesji het altyd verskeie bestanddele, waarin rys altyd voorkom en die res van die bestanddele aanvullend is.

Rys as hoofbestanddeel

Die gebruiklike rys word Meshi (飯) genoem en het kort, dik korrels wat baie taai is, sodat die rys goed kleefbaar is en die eetgoed aanmekaar plak. Die rys proe effens suur omrede die toevoeging van rysasyn tydens die voorbereiding. Daar word dikwels ook 'n soet ryswyn (mirin genoem) bygevoeg wat 'n soutsmaak aan die rys verleen. Die rys kan heeltemaal koud maar ook lou opgedis word.

Nori

By baie soorte soesji word seewier gebruik, nori (海苔) genoem, wat in dun velletjes verwerk word. Die seewier wat vir nori gebruik word is die purperwier. Dit is oorspronklik in Japan geoes deur die wier van die hawe se kaai af te skraap en dan in die son te laat droog word. Deesdae word die plante op uitgespande nette ter see gekweek, meganies geoes en dan in dun velle gedroog, waarna dit uiteindelik kant-en-klaar op maat gesny word.

Vis en ander

Van die res van die bestanddele is rou vis en wasabi verreweg die mees bekende. Die rou vis is altyd uit die see afkomstig, omdat riviervisse skadelike bakterieë kan bevat. Indien daar wel vis uit 'n rivier gebruik word, moet dit eers vooraf lig gebraai of gekook word. In Europa is salm, tuna en makriel die mees gebruikte visspesies.

Behalwe vis word ook ander seekos gebruik as bestanddele vir soesji, soos garnale, krap en pylinkvis. Tewens kom selfs viskuit, die ryp eiers van 'n vis, in sommige soesji voor. Benewens vis en ander seekos word ook baie groente gebruik, met wortels, komkommer, avokado, aspersies en mielies die bekendste name in die Weste.

Voorbeelde van geregte

Eksterne skakels

Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Nederlandse Wiki vertaal.

Tags:

Soesji Rys as hoofbestanddeelSoesji NoriSoesji Vis en anderSoesji Voorbeelde van geregteSoesji Eksterne skakelsSoesjiEier (voedsel)GroenteHiraganaJapanKanjiRysSeekosVis (voedsel)Vrugte

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

KarooPersentasieTrappe van vergelykingJeuksiekteHondCheslin KolbeGoogleVisOu TestamentWêreldgeskiedenisEngelsChemiese elementSeksueel oordraagbare infeksieKoos BekkerNedersettingAfrikaPoolsHemelvaartsdagAfleiding (taalkunde)OorkruipersMaanVersoeningsdagMonargieNiemetaalGeelsugVerdampingVlinderElandréHerfsEkonomiese geskiedenis van Suid-AfrikaLettergreepKersfeesFranse RewolusieJeugdagSatellietSeksualiteitBorsteWerkwoordGalblaasKhoisanChristus die VerlosserRymWiskundeNatuurlike hulpbronSeeBloedsomloopstelselEjakulasieAntoniemOntwerpProstaatklierAardkorsLeenwoordDomineeWinterFort BeaufortRobbeneilandWortelHipertensieSteenkool in Suid-AfrikaKernoorlogWaterstofDepressie (gemoedstoestand)Sout (chemiese stof)Ou Apostoliese KerkMenstruasieApartheidOogproblemeOrthopteraMasjienBevolkingKeramiekDemi Lee MooreJaco JacobsRocco SiffrediFiela se kind🡆 More