Soenie

'n Soenie (Neotragus moschatus) is 'n baie klein wildsbokkie wat in die suidooste van Afrika aangetref word.

Soenie
Soenie
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Orde:
Familie:
Genus:
Neotragus
Spesie:
N. moschatus
Binomiale naam
Neotragus moschatus
Von Dueben, 1846

Volwasse soenies het 'n gemiddelde massa van 3 kg en 'n hoogte van ongeveer 40 cm. Die rammetjies het horings wat tot 9 cm lank kan word. Die bokke is slank, met 'n relatief hoë agterkant. Die kleur wissel van grys tot rooibruin, met 'n wit ken, keel, binnebene en onderkant. Soenies se oë word deur 'n witterige ring omring en elke been het 'n swart band net bo die hoef. Hulle word hoofsaaklik in gebiede met digte struikgewasse aangetref.

Mannetjies assosieer met een tot vier wyfies. Die ooi skenk telkens aan 'n enkele lammetjie die lewe. Die lammetjies het 'n donkerder kleur en word buite sig gehou tot hulle kleur sodanig vervaag het dat dit genoeg kamoeflering verskaf.

Die bokke is skaam en hoofsaaklik snags aktief. Oordag slaap hulle in beskutte koeltes. Hulle vreet hoofsaaklik blare wat op die grond geval het, maar sal ook soms vrugte of swamme probeer vreet. Hulle kry die nodige vog uit hul dieet en is dus nie van 'n varswaterbron afhanklik nie.

Sien ook

Bronnelys en verwysings

  • Soogdiere van die Krugerwildtuin en ander Nasionale Parke (1979). Saamgestel deur Die Nasionale Parkeraad. 'n Publikasie van die Raad van Kuratore vir Nasionale Parke van die Republiek van Suid-Afrika. ISBN 0-86953-027-5.
  • Bora, S. 2002. "Neotragus moschatus". Animal Diversity Web. Verkry op 26 April 2009.

Eksterne skakels

Tags:

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

MetaalVersoeningsdagEskomPredikante van die Gereformeerde Kerke in Suid-AfrikaMynbedryf van Suid-AfrikaYstertydperkDuitse maselsVrouVermenigvuldigingLys van bekende Suid-AfrikanersBelastingWoudSenuweestelselAnale seksJuraTropiese sikloonCounter-Strike 2NeerslagVaste stofImmunologieMonopoliePussy RiotWerkwoordDermpoliepVryheidsdagAnilingusVersamelnaamFamilie (verwantskap)RobbeneilandMenseregtedagPankreasNierversakingSeptimius AwardsRamsar-vleilande in Suid-AfrikaSeekoeiAtmosfeerVerstedelikingKarakteriseringNarsistiese persoonlikheidsteuringMona LisaPlastiekHeupRuslandWaterkringloopLugbesoedelingHidroëlektrisiteitGrondLys van deelnemers aan die Slag van BloedrivierChristendomAntoniemAtletiekKatoenKoedoeRumatiekJavaScriptPornografieAfkortingKultuurSeevlakAdolf HitlerStudievaardighedeSuurstofKleurAnglo-BoereoorlogByvoeglike naamwoordJacques LootsBeaufortskaalMotorvoertuigLabia (geslagsdele)SwartbewussynsbewegingVerbondsarkGevolge van aardverwarming op oseaneStikstofEjakulasie🡆 More