Sodiaklig

Sodiaklig is ’n flou, rofweg driehoekige, verstrooide wit gloed in die naghemel wat lyk of dit van die omgewing van die Son al langs die sonnebaan of diereriem strek.

Dit kan die beste gesien word net ná sonsondergang of voor sonsopkoms in die lente en herfs wanneer die diereriem teen ’n skerp hoek met die horison lê. Dit word veroorsaak deur die verstrooiing van sonlig deur ruimtestof en is so flou dat maanlig of besoedeling dit onsigbaar kan maak.

Sodiaklig
Sodiaklig in die oostelike hemelruim voor die son opkom.

Die sodiaklig neem af in intensiteit met die afstand van die Son af, maar op baie donker nagte is dit al gesien in ’n strook reg rondom die sonnebaan. Eintlik dek die sodiaklig die hele naghemel en is dit verantwoordelik vir ’n groot deel van die totale naglig op ’n maanlose nag.

Ruimtestof vorm ’n dik, plat wolk in die sonnestelsel wat bekend is as die sodiakwolk, wat op dieselfde vlak voorkom as die sonnebaan. Die stofdeeltjies is tussen 10 en 300 mikrometer in deursnee.

Brian May

In Augustus 2007 het Brian May, hoofkitaarspeler van Queen, sy Ph.D.-tesis, Radial Velocities in the Zodiacal Dust Cloud, ingehandig – 36 jaar nadat hy dit begin en toe laat vaar het vir ’n musiekloopbaan. Dat hy dit kon doen, was vanweë die min navorsing oor die onderwerp in die jare tussenin. May het gesê die onderwerp het in die 2000's weer "in die mode" geraak.

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

DiereriemRuimtestofSonSonnebaan

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Intensiewe vormVormBrasiliëHeupRumatoïede artritisRugbyJacques LootsMaanGroot GatAnneli van RooyenSelfieKaapstadJan-Willem BreureOligopolieAnilingusWolfPapierYstervarkGeografie van Suid-AfrikaUnited Democratic FrontLys van nedersettings in Suid-AfrikaLetterkundeBek-en-klouseerMaroela MediaSebraHemelvaartsdagYstertydperkPerdWiskundeAsiëLiefdeBreinvliesontstekingDemokrasieWinterAkuutFossielbrandstofLys van Suid-Afrikaanse musikanteAkwariumLongSwangerskapInentingPlantDonderstormDieremishandelingBesoedelingBlourokkeChris HaniGroepsgebiedewetSlangJohannesburgVeeartsWiskundige terminologieOmgewingsbeheerPoësieConsolidated B-24 LiberatorOssewaBevolkingMadison IvyDemokratiese Republiek die KongoKarlien van JaarsveldMielieMiddeloorontstekingMetafoorDirekte en Indirekte redeTafelbergTylaVerenigde KoninkrykKunstenaarAgtervoegselMagnetismeRonelda KamferLangste woord🡆 More