Enb-Stadion

Die ENB-stadion (ook genoem FNB-stadion, Sokkerstad of Soccer City) is 'n stadion in Soweto, Johannesburg, Suid-Afrika.

Die stadion is reg langs die hoofkantoor van die Suid-Afrikaanse Sokkervereniging (SAFA-huis) waar die kantore van FIFA en die Plaaslike Reëlingskomitee vir die 2010 Sokkerwêreldbeker gesetel was. Met 'n kapasiteit van 94 700 is dit die grootste stadion in Afrika.

ENB- of FNB-stadion
Enb-Stadion

Bynaam Sokkerstad / Soccer City
Die kalbas
Ligging Johannesburg, Suid-Afrika
Koördinate 26°14′5.27″S 27°58′56.47″O / 26.2347972°S 27.9823528°O / -26.2347972; 27.9823528 27°58′56.47″O / 26.2347972°S 27.9823528°O / -26.2347972; 27.9823528
Eienaar Stad Johannesburg
Operateur Suid-Afrikaanse Sokkervereniging (SAFA)
Kapasiteit 94 700
Oppervlak Gras
Konstruksie
Eerste sooi gespit 1986
Geopen 1989
Renovasie 2009
Uitgebrei 2009
Boukoste R3,3 miljard
Argitek Boogertman & Vennote, Populous
Huurders
Kaizer Chiefs
Bafana-Bafana
Springbokke
Enb-Stadion
Eerste wedstryd van die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2010 word tussen Suid-Afrika en Meksiko gespeel
Enb-Stadion
Sokkerwedstryd tussen Argentinië en Suid-Korea tydens die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2010
Enb-Stadion
Die stadion tydens die 2010-sluitingseremonie

Die stadion het sedert sy konstruksie in 1987 as die FNB-stadion bekend gestaan, maar is tydelik na Sokkerstad herdoop om aan FIFA se neutrale borgskap-vereistes te voldoen.

In 1990 het Nelson Mandela sy eerste vrye toespraak in die stadion gelewer, nadat hy uit die gevangenis vrygelaat is. Op 10 Desember 2013 is sy internasionale roudiens hier gehou. Dit was ook die tuiste van Chris Hani se begrafnis.

Dit was ook die plek vir die eindstryd van die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2010, wat tussen Nederland en Spanje beslis is. Tydens die wêreldbeker se sluitingseremonie op die dag van die eindstryd het Nelson Mandela sy laaste openbare verskyning hier gemaak.

Wedstryde

Afrikanasiesbeker 1996

Datum Span 1 Telling Span 2 Rondte Toeskouers
13 Januarie 1996 Enb-Stadion  Suid-Afrika 3–0 Enb-Stadion  Kameroen Groep A (opening) 80 000
15 Januarie 1996 Enb-Stadion  Egipte 2–1 Enb-Stadion  Angola Groep A 6 000
18 Januarie 1996 Enb-Stadion  Kameroen 2–1 Enb-Stadion  Egipte Groep A 4 000
20 Januarie 1996 Enb-Stadion  Suid-Afrika 1–0 Enb-Stadion  Angola Groep A 30 000
24 Januarie 1996 Enb-Stadion  Suid-Afrika 0–1 Enb-Stadion  Egipte Groep A 20 000
25 Januarie 1996 Enb-Stadion  Zaïre 2–0 Enb-Stadion  Liberië Groep C 3 000
27 Januarie 1996 Enb-Stadion  Suid-Afrika 2–1 Enb-Stadion  Algerië Kwarteindronde 80 000
31 Januarie 1996 Enb-Stadion  Suid-Afrika 3–0 Enb-Stadion  Ghana Halfeindronde 80 000
3 Februarie 1996 Enb-Stadion  Ghana 0–1 Enb-Stadion  Zambië Klein finale 80 000
3 Februarie 1996 Enb-Stadion  Suid-Afrika 2–0 Enb-Stadion  Tunisië Eindstryd 80 000

FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2010

Die stadion is tydens die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2010 ingespan as een van die 10 stadia waar wedstryde gespeel is. Benewens die openingswedstryd en eindstryd, is by die stadion gespeel:

Datum Tyd Span 1 Telling Span 2 Rondte Toeskouers
11 Junie 2010 16:00 Enb-Stadion  Suid-Afrika 1–1 Enb-Stadion  Meksiko Groep A (opening) 84 490
14 Junie 2010 13:30 Enb-Stadion  Nederland 2–0 Enb-Stadion  Denemarke Groep E 83 465
17 Junie 2010 13:30 Enb-Stadion  Argentinië 4–1 Enb-Stadion  Suid-Korea Groep B 82 174
20 Junie 2010 20:30 Enb-Stadion  Brasilië 3–1 Enb-Stadion  Ivoorkus Groep G 84 455
23 Junie 2010 20:30 Enb-Stadion  Ghana 0–1 Enb-Stadion  Duitsland Groep D 83 391
27 Junie 2010 20:30 Enb-Stadion  Argentinië 3–1 Enb-Stadion  Meksiko Agste eindronde 84 377
2 Julie 2010 20:30 Enb-Stadion  Uruguay 1–1 (4–2 n.S.) Enb-Stadion  Ghana Kwarteindronde 84 017
11 Julie 2010 20.30 Enb-Stadion  Nederland 0–1 (e.t.) Enb-Stadion  Spanje Eindstryd 84 490

Afrikanasiesbeker 2013

Datum Span 1 Telling Span 2 Rondte Toeskouers
19 Januarie 2013 Enb-Stadion  Suid-Afrika 0–0 Enb-Stadion  Kaap Verde Groep A (opening) 50 000
19 Januarie 2013 Enb-Stadion  Angola 0–0 Enb-Stadion  Marokko Groep A 25 000
10 Februarie 2013 Enb-Stadion  Nigerië 1–0 Enb-Stadion  Burkina Faso Eindstryd 85 000

Rugby

Die stadion is ook sedert 2010 vir die eerste keer vir rugbywedstryde gebruik. Die Springbokke het op 21 Augustus 2010 tydens die 2010-Drienasiesreeks hier teen die All Blacks gespeel.

Konstruksie

Die ENB-stadion het 'n massiewe opgradering vir die 2010 Wêreldbeker ondergaan. Die stadion se nuwe ontwerp is deur die vorm van 'n Afrikapot geïnspireer.

Sien ook

Verwysings

Eksterne skakels

Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wiki vertaal.

Tags:

Enb-Stadion WedstrydeEnb-Stadion RugbyEnb-Stadion KonstruksieEnb-Stadion Sien ookEnb-Stadion VerwysingsEnb-Stadion Eksterne skakelsEnb-StadionAfrikaFIFAFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2010JohannesburgSowetoStadionSuid-AfrikaSuid-Afrikaanse Sokkervereniging

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Grondwet van Suid-AfrikaMensDonkieArmoedeLys van Joodse feeste en herdenkingsKonjunktivitisBernice WestAardeEnsiklopedieHaelDirekte en Indirekte redeWitbloedselVarkgriepSlag van Cuito CuanavaleStilleweWieg van die MensdomSomerHartaanvalStam (taalkunde)RugbyPeter SnydersKangaroeJo BlackBynierTelevisieKangogrotteKunsmatige intelligensieAsiëMassaAtlantis, Wes-KaapThys die BosveldklongMagnetismeVakbondBestaansboerderyKoperOlimpiese SomerspeleArthur GrumiauxSpringbokkeKletsrymGeografie van Suid-AfrikaJode in Suid-AfrikaGroepsdrukBloukraanvoëlParkinson se siekteLeesKonsentrasiekampAborsieTydKostuumsSelfoonAboriginesChemiese verbindingEugenetikaWaarheid-en-versoeningskommissieInternetJagluiperdEerste WêreldoorlogNasionalismeNazi-DuitslandMeettegniekVerantwoordelikheidSuiwelprodukWikimedia-stigtingCarike KeuzenkampIndustriële RevolusieYouTubeChristiane JaccottetStaalKultuurGoogleKoue OorlogMisdaadromanGeskiedenis van erotiese afbeeldingsKinkhoes🡆 More