Smegma

Smegma (van die Grieks: smēgma) is ’n kombinasie van dooie selle, velolies, vog en natuurlik voorkomende bakterieë.

Dit kom aan beide manlike en vroulike geslagsdele voor. By vroue versamel dit om die klitoris en in die voue van die labia minora; by mans versamel smegma onder die voorhuid.

Vroue

Smegma 
Sigbare smegma tussen die labia van ’n vrou.

Die opbou van sebum en dooie velselle vorm smegma. Smegma clitoridis word gedefinieer as die afskeiding van die apokriene kliere van die klitoris, in kombinasie met afskilferende velselle. As smegma nie dikwels verwyder word nie, kan dit daartoe lei dat die klitorale glans aan die klitorale kap vassit en dit maak stimulasie pynlik.

Mans

Smegma 
Smegma aan ’n menslike penis.

By mans help smegma die eikel klam hou en vergemaklik dit seksuele omgang deur as ’n smeermiddel te dien. Smegma is heeltemal goedaardig.

Aanvanklik is geglo smegma word deur sebumkliere veroorsaak wat voorkom waar die voorhuid aan die penis vas is; in daaropvolgende studies kon sulke kliere egter nie gevind word nie.

Nuut gevorde smegma het ’n gladde, vogtige tekstuur wat vermoedelik ryk aan skwaleen is en prostaat- en seminale afskeidings en dooie selle bevat.

Volgens J. Wright word min smegma tydens die kinderjare afgeskei, maar dit neem toe tussen die tiener- en volwassejare, wanneer die smegma nodig is om as smeermiddel te dien. Van die middeljare af neem die vervaardiging van smegma weer af en by bejaardes kom feitlik geen smegma voor nie.

Daar is geen bewyse dat smegma peniskanker veroorsaak nie, maar dit kan ná ’n lang ruk die penis irriteer en ontsteek, wat die risiko van kanker verhoog. Dit kan ook die vroeë opsporing van kankers bemoeilik.

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Smegma VroueSmegma MansSmegma VerwysingsSmegma Eksterne skakelsSmegmaGeslagsorgaanGrieksKlitorisLabia (geslagsdele)Voorhuid

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

PriemgetalIvan ZimmermannGeslagGoogleMetamfetamienMadison IvyPuberteitAlkoholismeJan de WetJana CilliersDansTaylor SwiftHomoniemKolonialismeSuid-Afrikaanse randSwaweldioksiedJaco JacobsDieretuinLongSkoenlapperAngssteuringBreinVerkleurmannetjieKoolstofdioksiedMosesJode in Suid-AfrikaHennie MaasRugbyLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)VoorsetselKlimaatveranderingAuschwitz-konsentrasiekampTegnologieCheslin KolbeNatuurbewaringHoofstadKongo-krisisEl (lengtemaat)ChloorWhatsAppDepressie (gemoedstoestand)VoortrekkermonumentHamilton WesselsVulkaanRobbeneilandMauritiusBloedingVerfWoordsoortLandbouBrugMolekuulCSSDesmond TutuHorlosieSonnestelselCarles PuigdemontOnderwysSywurmAnglo-BoereoorlogAardedagSosiale mediaWaarheid-en-versoeningskommissieHeuningbyBalletRooilipslangOos-KaapIgtiologieKunsWaterStereotipeAarde se atmosfeerApartheid🡆 More