Slawistiek

Slawistiek (alternatiewe spelling: Slavistiek) of Slawiese filologie (ook respektiewelik Slavistiek en Slaviese filologie) is die wetenskap van die tale en kultuur van die Slawiese volke.

In Duitsland, waar Slawistiek 'n lang en ryk tradisie het, word dit as die studieveld van Slawiese tale en literature gedefinieer en behels gevolglik hoofsaaklik taalkunde en literatuurwetenskap, terwyl geskiedkundiges, teoloë, argeoloë, kunshistorici, opvoedkundiges, aardrykskundiges, ekonome, regs- en politiekwetenskaplikes en sosioloë wat hulle met die Slawiese lande besig hou, binne die konteks van akademiese sistematiek nie by die tradisionele Slawistiek gereken word nie. Hierdie akademiese dissiplines word saam met die Slawistiek as Osteuropakunde gedefinieer - soos byvoorbeeld in die naam van die Deutsche Gesellschaft für Osteuropakunde.

Die Slawistiek word verder verdeel in Oos-Slawiese, Wes-Slawiese en Suid-Slawiese tale en literature. Op taalvlak kan dit verder verdeel word in Belorussistiek (Wit- of Belo-Russies), Bohemistiek (Tsjeggies), Bulgaristiek, Kasjoebologie, Polonistiek (Pools), Russistiek, Serwistiek, Serbokroatistiek, Slowakistiek, Slowenistiek, Sorabistiek en Oekraïnistiek. Na die studievelde Ou-Kerkslawies en Oer-Slawies word soms ook as Ouslawistiek, Paleoslawistiek of Kerkslawistiek verwys.

Op internasionale vlak is die Slawiste in die Internasionale Slawistekomitee georganiseer wat vyfjaarliks die Internasionale Kongres van Slawiste hou en alle vakgebiede behels.

Slawistiek binne die wyer veld van Oos-Europese Studies

Naas taalonderrig word binne die wyer veld van Oos-Europese Studies, waarvan Slawistiek dikwels deel uitmaak as een dissipline, ook aandag geskenk aan Slawiese literatuur- en taalwetenskap, Slawiese kultuurwetenskap, ekonomie en politieke studies.

Belangrike akademiese instellings vir Oos-Europese Studies

    Duitsland
  • Forschungsverbund Ost- und Südosteuropa (webtuiste)
  • Osteuropa-Institut der Freien Universität Berlin / Institute for East European Studies (webtuiste)
    Switserland
  • Universität Zürich (UZH) - Center for Eastern European Studies (webtuiste)
    Verenigde State

Verwysings

Eksterne skakels

    Internasionale verenigings van slawiste

Tags:

Slawistiek binne die wyer veld van Oos-Europese StudiesSlawistiek Belangrike akademiese instellings vir Oos-Europese StudiesSlawistiek VerwysingsSlawistiek Eksterne skakelsSlawistiek

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

SelfvertroueGeografie van Suid-AfrikaGalileo GalileiKolorektale kankerChemiese elementBestuiwingHulpwerkwoordLidwoordRenosterFinansiële staatRelatiwiteitsteorieNedersettingDroogteSwartbewussynsbewegingSelfoonSeegolfJeanette FerreiraMenseregtedagVratMangelAanpassingskapasiteitLongontstekingRumatiekMalariaGroot TrekAfvalbestuurRasionale getalAngina pectorisAfrikaanse WikipediaPaasfeesElandréYouTubePerdebye7de LaanAluminiumBysteekSoweto-opstandAardeOorkruipersSamestellende afleidingSonJode in Suid-AfrikaGroot vyfOmgewingsbeheerMiljardBoomslangSeksposisieHeks van HexrivierViëtnamoorlogWolkFinale OplossingPlae van EgipteRudi ClaaseSmaakWoordeskatGroepsdrukKapitalismeSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 1994KleurMuskeljaatkatKewerSneeuSport1913OrthopteraRob HersovMorfeemMenstruasieNelson MandelaWêrelderfenisgebiede in Suid-AfrikaVoorvoegselDierMusieksimboleDriehoekToringSublimasieKappie (skryfteken)Afleiding (taalkunde)🡆 More