Slawiese Vuurvoël

Zjar-ptitsa of Vuurvoël (Russies: жар-птица) is ’n pragtige gloeiende voël in die Slawiese mitologie op wie se spoor die held van die verhaal gewoonlik is.

Slawiese Vuurvoël
Iwan Bilibin se illustrasie by ’n Russiese verhaal oor die Zjar-ptitsa (1899)
Slawiese Vuurvoël
Tsarewitsj Iwan keer terug met die gevange Zjar-ptitsa

Zjar-ptitsa is meestal ’n groot voël met vere wat gloei in rooi, oranje en geel, soos die vlamme van ’n vuur. Die vere hou nie op gloei wanneer dit verwyder word nie en een veer kan ’n hele kamer verlig. Die held van die verhaal gaan gewoonlik op ’n groot soektog na die Vuurvoël. Soms doen hy dit op sy eie, ander kere is dit op versoek van die koning (sy pa). Die held, wat aanvanklik betower word deur die wonderlike voël, blameer haar dikwels vir sy probleme. Die gewildste legende waarin Zjar-ptitsa voorkom, is Iwan Tsarewitsj en die Grys Wolf.

Verhale van die Vuurvoël stem ooreen met ander verhale, soos die Iranse legendes van towervoëls, die Broers Grimm se feëverhaal oor die goue voël, die Tsjeggiese volksverhaal oor Pták Ohnivák en die Wes-Europese Feniks wat uit die as herrys.

In baie verhale is Zjar-ptitsa ’n mistieke voël wat die koning se goue appels eet. Volgens ander stories vlieg sy rond en gee hoop, skoonheid en onsterflikheid aan mense. Wanneer sy sing, val daar pêrels van haar bek en sy kan mense genees en blindes laat sien.

Sien ook

Bron

Nota

Tags:

RussiesSlawiese mitologie

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

TuisbladJannie du ToitKappie (skryfteken)MusieksimbolePenisverlengingOrganometaalchemieGewone tarentaalVerkleurmannetjieOrtopedieVrouMakazole MapimpiVoornaamwoordEpilepsieSemenAfkortingBloutongsiekteEuropese UnieMasturbasieAntarktikaOntbinding van die SowjetunieLys van slangeFilosofieInhoudTongaanse nasionale rugbyspanEngelsGedigSleurkragVolumeNelson MandelaRegardt van den BerghAnneli van RooyenSatirePenisEjakulasieAkira ToriyamaAnglo-BoereoorlogLimfvatstelselNederlandSiberiëLettergreepGodSuid-Afrikaanse PolisiediensAustraliëGrysstofAarverkalkingSkrikkeljaarWeeluisKinderregtePersoonlikheidRefentse MorakeDiarreeHoofpynWayback MachineVolhoubaarheidBySonnestelselErfenisdag (Suid-Afrika)NamakwalandSirkelZack du PlessisVratPalmsondagOrale seksSterSuid-KoreaOorlog in Soedan (sedert 2023)BynierPaddaKopieregArabiesSeksBaardskeerder-spinnekopBloeddruk🡆 More