Skylab: Eerste Amerikaanse ruimtestasie

Skylab was die eerste Amerikaanse ruimtestasie wat om die Aarde gewentel het.

Dit is op 14 Mei 1973 met ’n Saturn V-vuurpyl gelanseer. Dit het 75 ton geweeg en het hoofsaaklik bestaan uit onderdele wat van die Apollo-program oorgebly het. Dit was die laaste lansering wat met dié tipe vuurpyl uitgevoer is. Die stasie is tydens die lansering beskadig en een sonpaneel het afgebreek, terwyl die ander vasgehaak het en ernstig deur ’n hitteskild beskadig is. Die skade is tydens ’n tweede sending herstel en die Skylab kon tydens verdere sendings gebruik word waarvoor dit bedoel was:

  • navorsing oor of mense vir lang tye in die ruimte kan woon en werk; en
  • die uitbreiding van kennis oor die sonnestelsel.
Skylab: Eerste Amerikaanse ruimtestasie
Skylab op 8 Februarie 1974.

Verskeie tegniese en mediese eksperimente is uitgevoer waarvoor gewigloosheid nodig was. Die laaste sending het op 16 November 1973 vertrek en op 8 Februarie 1974 teruggekeer. Skylab het hierna vir ’n paar jaar onbeman om die Aarde gewentel, en op 11 Julie 1979 na die Aarde teruggeval. Dit het grotendeels in die atmosfeer verbrand, maar van sy wrakstukke het in Australië en die Indiese Oseaan geval.

Sendings in die Skylab-program

Alhoewel die Skylab-program gebruik gemaak het van oorskotmateriaal van die Apollo-program (veral die laaste Saturn V-vuurpyl wat ooit vervaardig is), het dit nie deel uitgemaak van die Apollo-program nie maar was dit ’n program op sy eie.

Sending Embleem Bevelvoerder Wetenskaplike vlieënier Vlieënier Lanseringsdatum Landingsdatum Tydsduur (dae)
Skylab 1 SL-1
Skylab: Eerste Amerikaanse ruimtestasie 
Onbemande sending 1973-05-14
17:30:00 UTC
1979-07-11
16:37:00 UTC
2248.96
Skylab 2 SL-2 (SLM-1)
Skylab: Eerste Amerikaanse ruimtestasie 
Pete Conrad Joseph P. Kerwin Paul Weitz 1973-05-25
13:00:00 UTC
1973-06-22
13:49:48 UTC
28.03
Skylab 3 SL-3 (SLM-2)
Skylab: Eerste Amerikaanse ruimtestasie 
Alan Bean Owen K. Garriott Jack R. Lousma 1973-07-28
11:10:50 UTC
1973-09-25
22:19:51 UTC
59.46
Skylab 4 SL-4 (SLM-3)
Skylab: Eerste Amerikaanse ruimtestasie 
Gerald Carr Edward Gibson William Pogue 1973-11-16
14:01:23 UTC
1974-02-08
15:16:53 UTC
84.04

Tags:

14 Mei1973AardeAmerikaanseApollo-programRuimtestasieSaturn V

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

KuberkrakerWiki CommonsBeaufortskaalDigvormArmoedeEnkelvoudige sinWolfVleilandWet op NaturellengrondKolonoskopieKimberleyNasionalismeBevolkingChristiane JaccottetRooibokBoor (element)KarakteriseringDuitslandThabo MbekiKlavierPaarl GimnasiumOseaanNiemetaalTatoeëermerkJeuksiekteNiersteenKweekhuiseffekSosiale mediaKoperBysteekOnderhoudInligtingLuiperdSpringbokHoenderVoorsetselNedersettingAardbewingDokterSkaapWaterAnrich HerbstHannes van WykToutrekSirkusKwaZulu-NatalKasteel die Goeie HoopLiewe HeksieBlourokkeWetenskaplike klassifikasieSteve BikoSwart nasionalismeVryheidsdagHemelvaartSteenkool in Suid-AfrikaDiepaartromboseAboriginesBywoordWikipediaGroot Muur van ChinaOmtrek, oppervlakte en volumeDarwinismeBestaansboerdery2001Depressie (gemoedstoestand)SkildklierJodeHomoniemBelastingFiela se kindKonflik (proses)ByAandagstreepKolonialismeBeesvleis🡆 More