Skukuza: Dorp en ruskamp

Skukuza is die hoofruskamp van die Nasionale Krugerwildtuin.

Die naam, aangepas vanaf die Zoeloewoord Sikhukhuza, was 'n troetelnaam vir James Stevenson-Hamilton. Dit beteken 'nuwe besem', omdat Stevenson-Hamilton die gebied 'skoongevee' het van wilddiewe en ander skelms. Die kamp is in 1902 opgerig, en het eers as Sabiebrug (Engels: Sabie Bridge) bekend gestaan tot dit herdoop is na Skukuza in 1936.

Skukuza
Dorp (Hoofruskamp)
Ingangshek na Skukuza
Ingangshek na Skukuza
Skukuza is in Mpumalanga
Skukuza
Skukuza
Skukuza: Dorp en ruskamp Skukuza se ligging in Mpumalanga
Koördinate: 24°59′45″S 31°35′31″O / 24.99583°S 31.59194°O / -24.99583; 31.59194 31°35′31″O / 24.99583°S 31.59194°O / -24.99583; 31.59194
LandVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
ProvinsieMpumalanga
DistrikEhlanzeni
MunisipaliteitMbombela
Regering
 • TipeWyk 39
 • RaadslidDudu Tryphinah Nkosi (ANC)
Oppervlak
 • Totaal4,98 km2 (1,92 vk. myl)
Bevolking
 (2011)
 • Totaal1 599
 • Digtheid321/km2 (830/vk. myl)
Rasverdeling (2011)
 • Wit mense14.4%
 • Indiërs/Asiërs0.1%
 • Bruin mense1.6%
 • Swart mense83.9%
Taal (2011)
 • Tsonga 58.0%
 • Swazi 9.7%
 • Afrikaans 9.5%
 • Engels 7.7%
 • Ander 15.2%
Poskode (strate)
1350
Poskode (posbusse)
1350
Skakelkode013

Geriewe

Skukuza: Dorp en ruskamp 
Deel van die Waterkant-gastehuis.
Skukuza: Dorp en ruskamp 
Die Stevenson-Hamilton-Gedenkbiblioteek in Skukuza.
Skukuza: Dorp en ruskamp 
Ou spoorwegbrug oor die Sabierivier net noord van Skukuza.

Dit is by verre die grootse kamp in die Krugerwildtuin en is geleë op die suidelike oewer van die Sabierivier. Die kamp huisves 'n paar historiese plekke, soos die drie museums en die biblioteek, behalwe die kamp se winkels en restaurante. Die Selati Treinrestaurant is geleë op 'n ou spoorwegplatform aan die oostekant van die kamp.

Besoekers kan by die ontvangskantoor reëlings tref vir wildbesigtigingsritte, bosbraaie en staptogte in die Krugerwildtuin. Buiten die gewone basiese geriewe, beskik Skukuza ook oor twee swembaddens, 'n gholfbaan, biblioteek, ligte motorherstelwerk, polisiestasie, poskantoor en 'n bank. Hierdie geriewe word dwarsdeur die kamp omring deur verskillende soorte hutte, gastehuise en 'n groot kampterrein. Meeste gastehuise en sommige hutte is op die Sabierivier se oewer geleë, met 'n pragtige uitsig vir genotvolle wildkyk.

Net buite die kamp is 'n kwekery van die Parkeraad waar inheemse plante besigtig en gekoop kan word. Die plantjies is geskik vir 'n soortgelyke warm, droë klimaat.

Akkommodasie

Die kamp kan elke aand 640 persone in permanente akkommodasie huisves, plus dan nog die 80 kampeerplekke vir die buitelugmense.

  • 198 Enkelslaapkamerhutte (2 tot 3 persone, met of sonder kook/wasgeriewe)
  • 80 Karavaan- of tentstaanplekke
  • 15 Gastehuise (4 of 6 bed)
  • 4 Luukse gastehuise (3x 8-bed en 1x 12-bed)
  • 20 Safaritente (12x 2-bed en 8x 4-bed)

Verwysings

Tags:

EngelsJames Stevenson-HamiltonKrugerwildtuinZoeloe

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Pussy RiotKapitalismeVaginaMarie AntoinetteWoordeskatKrugerwildtuinTermiese geleidingsvermoëRooikatLys van myne in Suid-AfrikaCarles PuigdemontVormCovid-19-pandemieGroepsgebiedewetMoslemNiemetaalRacheltjie de BeerAkuutSteve BikoAarde se atmosfeerInternasionale Historiese Genootskap RobbeneilandVolhoubaarheidLetterkundeProteaInstagramMobutu Sese SekoSimboolWikipediaJaarDokterPersoonlike voornaamwoordLys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaAnti-inflammatoriese middelNatuurEkonomie van Suid-AfrikaIngrid JonkerWes-KaapVerkleurmannetjieAnglo-BoereoorlogVulvaSonkragFacebookGrondsoorteSeekoeiKaliumErosietipesRelatiwiteitsteorieDriedimensioneelKrampGeelsugTegnologieEkologieVerantwoordelikheidIronieWerkwoordAanpassingskapasiteitDiatomiese molekuulSuiwelprodukMeeueAlkoholismeWeervoorspellingLugbesoedelingFabelKlimaatDirekte en Indirekte redeVaginale kankerAnglisismeHondeklipbaaiLangste woordLabia (geslagsdele)Franse RewolusiePersoonlikheidFilistyneKoedoeSwart menseWolkWoestynPrimêre sektor van die ekonomie🡆 More