'n Skrynwerker is 'n persoon ('n tipe timmerman) wat houtvoorwerpe wat in huise gebruik word bou, monteer, installeer en herstel.
Dit sluit voorwerpe soos deure, ingeboude kaste, kombuiskaste en vensterrame in; asook meubelstukke soos stoele, tafels, boekrakke en ander items van hout.
Skrynwerk word op konstruksieterreine, in werkswinkels of by privaat wonings verrig. Tipiese gereedskap wat gebruik word is die saag, beitel, skaaf, hamer, spykers, boor en skroewedraaier.
Skrynwerkers ontvang meestal nie formele opleiding nie, maar word in-diens opgelei. Hulle moet prakties wees en daarvan hou om met hulle hande te werk. Skrynwerkers werk dikwels op hoë plekke (soos 'n huis se dak) en moet oor goeie sig en 'n sin vir balans beskik. Hulle moet goed kan kommunikeer en 'n projek van begin tot einde kan deursien, van die aankope, vervaardiging, installering, tot die uiteindelike afronding van die produk.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Skrynwerker, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.