Skotse Vouoorkat

Die Skotse vouoorkat (Engels: Scottish Fold) is ’n katras met ’n dominantegeenmutasie wat veroorsaak dat die ore gevou is na die voorkant van hul gesig.

Skotse vouoorkat
Skotse Vouoorkat
Land  Skotland
Ontstaan  Natuurlik
Soort lyf  Stewig
Pels  Kort/lank
Patroon  Alle
Wetenskaplike naam
Felis catus (huiskat)
Nota: Nie deur alle verenigings erken nie.
Portaal  Portaalicoon   Katte

Geskiedenis

Die oorspronklike Skotse vouoorkat was ’n plaaskat met die naam Susie, wat in 1961 op ’n plaas in Skotland gevind is. Haar ore het ’n buitengewone vou ingehad en toe sy kleintjies kry, het twee van hulle ook die vou in die ore gehad. ’n Buurman, William Ross, wat ’n katliefhebber was, het een aangeneem. Hy het die ras in 1966 by Brittanje se Governing Council of the Cat Fancy (GCCF) geregistreer en begin om met die katte te teel met die hulp van die genetikus Pat Turner. In die teelprogram is gevind dat as een ouer die geen verskaf vir gewone ore en die ander ouer ’n geen vir gevoude ore, is die kans 50 persent dat die kleintjies gevoude ore sou hê.

Die kat word nie in Europa as ’n skoukat aanvaar nie en die GCCF het die registrasie van die katte in 1971 teruggetrek weens gebreke en kommer oor genetiese afwykings in die ore soos doofheid en infeksie. Die ras is egter na Amerika uitgevoer en daar is voortgegaan met die teling van die katte deur hulle te kruisteel met Britse en Amerikaanse korthaarkatte. Sedertdien het die katte nie die oorprobleme nie, hoewel meer was daarin kan opbou as by ander katte.

Beskrywing

Skotse Vouoorkat 
Lilakleurige Skotse vouoorkat.

Alle Skotse vouoorkatte word gebore sonder die vou. Dié wat die geen dra, se ore sal gewoonlik binne 21 dae ’n vou begin toon. Die oorspronklike katte het net een vou in elke oor gehad, maar deur selektiewe teling is dit vermeerder tot ’n dubbele of driedubbele vou wat meebring dat die ore heeltemal plat teen die kop lê.

Hulle is medium-groot katte en die hele bou, veral die kop en gesig, is rond. Die oë is groot en rond. Die neus is kort met ’n effense wip. Die bene is middelmatig tot kort. Die pels kan kort of lank wees en hulle kan feitlik enige kleur of kombinasie van kleure hê, insluitend wit, maar nie kleurpunte nie.

Al die katte, dié met gevoude en normale ore, is rustig en pas maklik by ander diere aan. Hulle is gewoonlik baie liefdevol en spelerig.

Sien ook

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Skotse Vouoorkat GeskiedenisSkotse Vouoorkat BeskrywingSkotse Vouoorkat Sien ookSkotse Vouoorkat VerwysingsSkotse Vouoorkat Eksterne skakelsSkotse VouoorkatEngelsLys van katrasse

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

EjakulasieVerkleinwoordJudaïsmeVier temperamenteHennie MaasBloedsomloopstelselGNU-lisensie vir vrye dokumentasieAnilingusAustraliëKoningErfenisPofadder (slang)SwangerskapSirkelSuikersiekteOos-KaapA.J. ApplegateTeologieDuitse maselsKoos BekkerSeksualiteitMuishondHomoniemSenuweestelselDiplopodaBrandmondsindroomJannie du ToitAasblomNieuwoudtvilleFiksieWes-AfrikaNatuurbewaringTrappe van vergelykingNaeltjiesRussiesEuropese Suidelike SterrewagIntensiewe vormAfkortingFilosofieGeorgiese nasionale rugbyspanLibiëEkologieSusan CoetzerWikipediaMisdaadRussiese inval in Oekraïne sedert 2022Suid-Afrikaanse WeermagGeorgiëOpgestopte speelgoedWikisourceHandwoordeboek van die Afrikaanse TaalWayde van NiekerkErica RhodesLabia (geslagsdele)AfrikanersLys van elemente volgens simboolOsoonlaagHannes van WykISBN (identifier)Nazi-saluutAleksei NawalniAfrikaanse WikipediaWaldimar PelserByeboerderyVigsSally EsterhuizenLys van slangePalmsondagGordelroosOrale seks🡆 More