Skemerbruintjie

'n Skemerbruintjie (of Common evening brown soos dit in Engels bekend staan), is 'n vlinder, Melanitis leda, en behoort tot die familie van vierpootskoenlappers (Nymphalidae).

Hierdie skoenlapper sit gedurende die dag in koelteplekke tussen dooie blare, onder bosse of bome, en vlieg meestal net teen skemer rond.

Skemerbruintjie
Skemerbruintjie
Natseisoenvorm
Skemerbruintjie
Droëseisoenvorm
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Orde:
Familie:
Genus:
Melanitis
Spesie:
M. leda
Binomiale naam
Melanitis leda
(Linnaeus, 1758)
Sinonieme
  • Papilio leda Linnaeus, 1758
  • Melanitis ismene
  • Cyllo helena Westwood, 1851
  • Cyllo fulvescens Guénée, 1863
  • Melanitis leda africana Fruhstorfer, 1908
  • Melanitis leda africana f. zitenides Fruhstorfer, 1908
  • Melanitis leda ab. plagiata Aurivillius, 1911

Verspreiding

Dit kom oor die grootste deel van Afrika voor, insluitend Madagaskar, asook in Arabië, die Indiese subkontinent, Suidoos-Asië en in die noorde van Australië. Die subspesie, Melanitis leda africana, kom slegs in Wes-Afrika voor.

Habitat

Skemerbruintjies kom hoofsaaklik in plantasies, bosgebiede, boorde, parke en tuine voor, vanaf seevlak tot ongeveer 800 m bo seevlak. Dit kom ook in suikerrietplantasies voor.

Kenmerke

Die bokant van die voorvlerk het 'n kommavormige oogkol met twee wit kolletjies daarop, omring deur 'n dofgeel-oranje kleur. Die patrone op die ondervlerk wissel van skoenlapper tot skoenlapper. Die vlerkspan van die mannetjie is 65 – 70 mm, en die van die wyfie is 60 – 65 mm.

Subspesies

  • Melanitis leda africana
  • Melanitis leda helena
  • Melanitis leda ismene
  • Melanitis leda saipanensis
  • Melanitis leda sumbana
  • Melanitis leda bankia
  • Melanitis leda desperata
  • Melanitis leda bouruana
  • Melanitis leda moluccarum
  • Melanitis leda offaka
  • Melanitis leda angulata
  • Melanitis leda destitans
  • Melanitis leda kiriwinae
  • Melanitis leda dominans
  • Melanitis leda salomonis
  • Melanitis leda palliata
  • Melanitis leda levuna
  • Melanitis leda celebicola

Fotogalery

Sien ook

Verwysings

Tags:

Skemerbruintjie VerspreidingSkemerbruintjie HabitatSkemerbruintjie KenmerkeSkemerbruintjie SubspesiesSkemerbruintjie FotogalerySkemerbruintjie Sien ookSkemerbruintjie VerwysingsSkemerbruintjie

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

MateriaalUitwerking van klimaatsveranderingBuck AngelBaardskeerder-spinnekopEkonomiese kwessies in Suid-AfrikaDooie SeeBybelOopbroninhoudTarentaleGemeenskapsorganisasieSeeEienaamHondSomerCorioliskragJan van TonderRonelda KamferBrongitisKoolstofdioksiedWaarheid-en-versoeningskommissieKappie (skryfteken)Limpopo (rivier)Leonardo da VinciWinnie Madikizela-MandelaApartheidWater (molekuul)DemokrasieSwartbewussynsbewegingVoornaamwoordVioolKlimaatsverandering in AfrikaMiltNierKolitisAfkappingstekenBergWinterMobutu Sese SekoBeeldspraakWeefselSonkragLys van bekende Suid-AfrikanersAgtervoegselTelevisieEkonomiePizzaOplossing (chemie)StaalEllipstekenKorrupsieGezina, PretoriaAssonansieNederlandsKontrasPornografiese subgenresRamsar-vleilande in Suid-AfrikaGalileo GalileiSowjetunieOostenrykKaapse florarykWoudHormoonsiekteRivierAlliterasieKoekie (rekenaarwetenskap)PlastiekKasteel die Goeie HoopInstagramGeskiedenis van Suid-AfrikaToekoms van die AardeVennootskapWaterstofErns GrundlingOrganiese landbouWet op Bantoe-onderwysGesondheid🡆 More