Skeer

Die term skeer verwys na 'n meestal klein, onbewoonde rotseiland wat gedurende die Ystydperke in bepaalde gebiede van die Noordelike Halfrond, veral Skandinawië, Skotland, Kanada en die Verenigde State gevorm is toe yslae vanuit die binneland uitgebrei en rotsmassas langs die kusgebiede oorstroom en afgeslyp het.

Sodoende het skere hul kenmerkende, afgeronde vorm gekry.

Skeer
'n Skeer in vlak seewater net voor die eiland Krøttøy in Noord-Noorweë.
Skeer
'n Lugfoto van 'n skeermeer in Naantali, Finland.
Skeer
'n Skeerkus in Suid-Noorweë.

Etimologie

Die term skeer is afgelei van die Oud-Noorse sker, letterlik "'n rots in die see", en kom in alle Skandinawiese tale (en in Fins) voor (Yslands en Faroëes: sker, Noors: skjær en skjer, Sweeds: skär en Fins: kari). Die term is via Skots ook in Engels ontleen (skerry) en kom daarnaas ook in Skots-Gaelies voor (sgeir).

Groter eilandgroepe, wat uit skere bestaan, word in Skandinawië skärgård (Sweeds), skjærgård (Noors en Deens) en saaristo (Fins) genoem (letterlik "skeretuin").

Wetenskaplike indeling en ontstaan

Binne die studieveld van geomorfologie word skere saam met die holme - groter, dig begroeide eilande - by die sogenaamde roches moutonnées gereken, 'n oorkoepelende vakterm vir rotsagtige landskapsvorme wat as gevolg van glasiale erosie ontstaan het. Net soos fjorde is die uitgestrekte skerekuste gedurende die Ystydperke gevorm. Ná die afsmelting van groot ysmassas het die rotsformasies, wat net soos die res van die land onder die swaar gewig geswig het, in die loop van die laaste 10 000 jaar weer begin rys en as klein rotseilandjies bo die seevlak verskyn. Hierdie geologiese proses van landopheffing duur byvoorbeeld in Skandinawië nog steeds voort sodat die eilandjies aanhou groei. Groter skere beslaan oppervlaktes van enkele vierkante kilometer.

Tags:

KanadaNoordelike HalfrondSkandinawiëSkotlandVerenigde StateYstydperk

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Maroela MediaKaapstadse waterkrisis 2015-2018MassaWoordeboek van die Afrikaanse TaalGregoriaanse kalenderKasterolieToerismeGrondsoorteLys van Suid-Afrikaanse digtersKwame NkrumahAbstraksie (rekenaarwetenskap)VoegwoordKrieketNasiebouWeervoorspellingStereotipeSteenkool in Suid-AfrikaBeesvleisBestaansboerderySkoenlapperZoeloesWikiRobbeneilandHaasPuberteitEngelsSportNasionaal-Sosialistiese Duitse ArbeiderspartyVennootskapVolhoubare ontwikkelingOu Apostoliese KerkElektroniese of digitale mediaHipotesePerdOnderwerp (taalkunde)Wêrelderfenisgebiede in Suid-AfrikaKunsmatige intelligensieJagluiperdVryheidsdagOseaanBrongitisKoue OorlogVoorvoegselRussiese inval in Oekraïne sedert 2022Thabo MbekiSosiale ordeMeervoudTaalfossielKinderregteParkinson se siekteGriekwa-AfrikaansNiemetaalTelevisieUnited Democratic FrontIntensiewe vormInentingOlifantHarry PotterGroepsdrukSpreeuCovid-19-pandemieSkildklierKlein vyf diereBloeddrukStilleweAntisemitismeErektiele disfunksieGeslagMeettegniekMIV/vigs in Suid-AfrikaGordelroosHartSkuinsstreepSamestellende afleidingEienaamDesimale breuke🡆 More