Skeepshouer: 'n houer wat sterk genoeg is om verskeping, berging en hantering te weerstaan

'n Skeepshouer is 'n houer wat sterk genoeg is om verskeping, berging en hantering te weerstaan.

Skeepshouers wissel van groot, herbruikbare staalbokse wat gebruik word vir intermodale verskeping tot die alomteenwoordige kartonboks. In die konteks van die internasionale skeepsbedryf is "houer" of "skeepshouer" basies sinoniem met intermodale vraghouers ('n houer wat ontwerp is om van een vorm van vervoer na 'n ander oorgeplaas te kan word sonder om die inhoud te hoef in- en uitpak).

Skeepshouer: Soorte skeepshouers, Hergebruik, Verwysings
'n Veertig-voet (12 m) lange skeepshouer.

Soorte skeepshouers

Intermodale vraghouers

Skeepshouer: Soorte skeepshouers, Hergebruik, Verwysings 
'n Plat goederewa met 'n 6 m-tenkhouer en 6 m-houer met 'n oop bokant wat met 'n seil bedek is.

Vraghouers is 'n herbruikbare vervoer- en stooreenheid om produkte en onverwerkte materiaal tussen plekke en lande te vervoer. Daar is sowat 17 miljoen intermodale houers in die wêreld en 'n groot gedeelte van die wêreld se langafstandvrag wat deur internasionale handel gegenereer word, word in skeepshouers vervoer. Daarby word geraam dat etlike miljoene van die houers weggegooi is weens die verskepingskoste om hulle terug te stuur na hul verskepingshawe. Hul uitvinding het 'n groot bydrae gelewer vir die globalisering van handel in die tweede helfte van die 20ste eeu, wat die koste om goedere te vervoer dramaties verminder en gevolglik langafstandhandel verbeter het.

Riffelbokse

Riffelbokse word algemeen as skeepshouers gebruik. Hulle word van geriffelde veselbord gemaak, wat lig, herwinbaar en sterk genoeg is om 'n verskeidenheid produkte in te vervoer.

Houtbokse

Houtbokse word dikwels gebruik om swaar en saamgepakte produkte in te vervoer. Hulle word soms spesifiek vereis vir die verskeping van staats- en militêre goedere.

Kratte

'n Krat is 'n groot houer wat gewoonlik van hout gemaak is, wat gebruik word om groot, swaar en ongemaklike artikels in te vervoer. 'n Krat het 'n selfsteunende struktuur, met of sonder skutbekleding. As voorbeeld, vir die versending van vervangingsenjins vir motorvoertuie.

Middelgroot-grootmaatskeepshouer

Skeepshouer: Soorte skeepshouers, Hergebruik, Verwysings 
'n Tipiese middelgroot-grootmaatskeepshouer.

'n Middelgroot-grootmaatskeepshouer is 'n houer wat gebruik word vir die vervoer en berging van vloeistowwe en ander grootmaatstowwe. Dit kan gemaak wees van plastiek, staal, vlekvrye staal, ens. Party is opvoubaar.

'n Buigbare middelgroot-grootmaathouer is 'n gestandaardiseerde houer vir die vervoer en berging van korrelprodukte. Dit is gewoonlik gemaak van geweefde sintetiese materiaal.

Vragboks

'n Vragboks is 'n palletgrootte boks wat gebruik word vir die berging en verskeping van groot hoeveelhede goedere.

Drom

Skeepshouer: Soorte skeepshouers, Hergebruik, Verwysings 
'n Voorbeeld van 'n staaldrom.

Dromme is silindriese skeepshouers wat gemaak word van staal, plastiek of vesel. Hulle word gewoonlik gebruik vir vloeistowwe of korrelrige stowwe.

Geïsoleerde skeepshouers

Geïsoleerde skeepshouers is 'n soort verpakking wat gebruik word om produkte te vervoer wat sensitief vir temperatuur is soos voedsel, farmaseutiese goedere en chemiese stowwe. Hulle word gebruik as deel van 'n koelketting om te help om die produkte vars en in 'n werkende toestand te hou.

Emmer

Emmers kan ook as skeepshouers gebruik word.

Eenheidlaaitoestel

Skeepshouer: Soorte skeepshouers, Hergebruik, Verwysings 
'n LD3-45-eenheidlaaitoestel op 'n sleepwa by 'n lughawe.

'n Eenheidlaaitoestel is 'n houer wat gebruik word om vrag op kommersiële vliegtuie te vervoer.

Dit kan 'n pallet of 'n houer wees wat gebruik word om tasse, vrag of pos mee te laai op wyerompvlietuie of spesifieke nourompvliegtuie. Dit maak dit moontlik om groot hoeveelheid vrag in 'n enkele eenheid saam te voeg. Aangesien dit daartoe lei dat daar minder eenhede is wat gelaai moet word, spaar dit lughawepersoneel tyd en moeite en voorkom dit oponthoude. Elke eenheidlaaitoestel het sy eie verpakkingslys of opspooridentifikasie om beter beheer te kan uitoefen en die inhoud makliker op te spoor.

Gespesialiseerde skeepshouers

Skeepshouer: Soorte skeepshouers, Hergebruik, Verwysings 
'n Houer om wapens in te vervoer, met drahandvatsels.

Pasgemaakte houers word gebruik vir die verskeping van goedere soos vuurwapens en lugvaartkomponente. Aangepaste kussingstof, afsluitings en versterkstukke, drahandvatsels, hyserringe, slotte, ens. kom algemeen voor om dit maklik te kan hanteer en die inhoud te beskerm.

Gespesialiseerde skeepshouers sluit in: hoëkubushouers (wat 'n ekstra 30 cm in hoogte gee teenoor standaard-skeepshouers), wyepallethouers, houers met oop bokante, sykantlaaiers, dubbeldeur- of tonnelhouers en temperatuurbeheerde houers.

Nog 'n gespesialiseerde houer staan bekend as 'n "transtainer" en is 'n beweegbare brandstof- of oliehouer. Dié hibriede grootmaat-brandstoftenk was oorspronklik bedoel vir die bou-, mynbou-, bosbou- en landbousektor. Die tenk kan gebruik word om grootmaatbrandstof en ander gevaarlike vloeistowwe in te berg en per pad, spoor of op die see te vervoer.

Vervoer- en vlugkiste word gewoonlik pasgemaak vir die verskeping en vervoer van breekbare toerusting soos kameras en oudiovisuele instrumente. Hoewel dit gewoonlik van ligte materiaal gemaak word, het dit dikwels versterkte rante en hoeke.

Reiskiste word dikwels gebruik om musiekinstrumente en teaterrekwisiete in te vervoer.

Hergebruik

Skeepshouer: Soorte skeepshouers, Hergebruik, Verwysings 
Studentewoonstelle wat uit skeepshouers gebou is in Le Havre, Frankryk.

Die alomteenwoordigheid en betreklike bekostigbaarheid van gebruikte skeepshouers het beteken dat argitekte hulle begin oorweeg het as 'n alternatief vir tradisionele boumateriaal. Gebruikte skeepshouers is omskep vir gebruik as behuising en as kleinhandel- en kantoorspasie. Voorbeelde van dié gebruik is die Cité A Docks-studentebehuisingsprojek in Le Havre, Frankryk, die Wenckehof-houerdorp in Amsterdam, die beweegbare Puma City-winkels in Amerikaanse stede, die voedsel-en-kleinhandel-Boxpark in Londen, die Dordoy Bazaar in Bishkek, Kyrgyzstan. en die tydelike winkelsentrum Re:START in Christchurch, Nieu-Seeland wat in 2011 gebou is na die Christchurch-aardbewing.

Daar is egter al daarop gewys dat daar probleme by betrokke is om skeepshouers te hersirkuleer – dat dit nie so 'n goedkoop en ekologies-vriendelike opsie as wat dit lyk nie. Die houer kan met skadelike chemikalieë geverf wees soos verwe wat chemiese kleure, fosfor en lood bevat, terwyl die houtvloere behandel kan wees met giftige insekdoders. Daar is koste by betrokke om die houers te verander om hulle bewoonbaar te maak. Ander mense wys op verskeie kwessies soos beperkte ruimte, swak isolasie en strukturele swakheid as te veel staal uit die houers gesny is.


Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Skeepshouer Soorte skeepshouersSkeepshouer HergebruikSkeepshouer VerwysingsSkeepshouer Eksterne skakelsSkeepshouerBehoueringSkipStaal

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Loftus MaraisStadMona LisaNoag se arkElon MuskVervoerSeptimius AwardsGeskiedenis van die BoererepubliekeSpringbokkeBevolkingKultuurStilleweSteenkool in Suid-AfrikaVoegwoordVerstedelikingMiljardWieg van die MensdomLeah van NiekerkApartheidEnsiklopedieGeloftedagWêrelderfenisgebiede in Suid-AfrikaSelfstandige naamwoordKasterolieSimboolGeldSelfoonStudievaardighedeMusieksimboleSuid-Afrikaanse Nasionale ParkeFisiese oefeningAardkorsMark (ekonomie)Anglo-BoereoorlogRepubliek die KongoCheslin KolbeArabies-Israeliese konflikMaatskaplike verantwoordelikheidSeekoeiOntbossingBorskankerNierAntisemitismeNamakwalandSeisoenMartin Luther King jr.Absolute monargieLimfvatstelselRooikatVrouWaatlemoenHandwoordeboek van die Afrikaanse TaalEmfiseemVermenigvuldigingBlourokkeMiddeloorontstekingKolitisUitwerking van klimaatsveranderingOranjerivierKlankLetterkundeSneeuJeanette FerreiraGezina, PretoriaMaatskappySikloonAssonansieWinterAngolese BurgeroorlogVerbondsarkGeboorteSelfmoordVratDirekte en Indirekte redeSoweto-opstand🡆 More