Skattejag

Skattejag word deur 'n groepie kinders gespeel.

Skattejag Hierdie artikel moet skoongemaak of andersins verbeter word.
Hierdie artikel voldoen nie tans aan die hoë gehaltestandaarde waarna Wikipedia streef nie. Voel vry om self in te spring en verbeterings te maak, en verwyder hierdie kennisgewing ná die tyd. Vir meer hulp, sien die redigeringshulp. Daar is moontlik kommentaar in die artikel of op die besprekingsblad oor wat verbeter moet word.

Hoe meer siele hoe meer vreugde. Dit leer kinders om in 'n span saam te werk, te luister na leidrade en om leidrade te ontsyfer. Leidrade vir kleuters sal makliker wees as vir skoolgaande kinders. Dit kan 'n prentjie wees waarmee die wegsteekplek geassosieer kan word. Die persoon wat die leidrade skryf, kan rympies maak oor die wegsteekplek of die wegsteekplek vaagweg beskryf. Gee ses leidrade indien daar ses kinders is of indien daar te veel kinders vir beskikbare wegsteekplekke is, kan minder leidrade gegee word, solank daar net vir elke kind 'n skat is. Skryf 'n naam op elke leidraad.

Skattejag
Kinders kan vir paaseiers soos hierdie jag.

'n Volwassene verduidelik die reëls van die spel vooraf. Dit is spanwerk. Elke kind kry 'n beurt om 'n leidraad te lees. Almal luister en bespreek dan moontlikhede van wegsteekplekke. Almal soek dan saam na die volgende leidraad of skat. Die skatte mag eers oopgemaak of geëet word nadat die groep kinders vir die gasvrou/heer, ouers ensovoorts, gesing het: Ons sê baie, baie dankie, ons sê baie, baie dankie... vir 'n lekker dag!

Dit kan op twee maniere gespeel word.

Hoe spel een werk

Skryf die leidrade op 'n papier wat in 'n rolletjie gerol word. Hier kan u eie verbeelding gebruik. Leidraad no.1 word aan die groep oorhandig deur 'n volwassene. Leidraad no.1 lei na leidraad no. 2, ensovoorts. Leidraad no.2 word weggesteek op die plek wat deur leidraad no.1 beskryf word, ensovoorts. Die laaste leidraad lei na die skat. Almal se geskenkies word op een plek weggesteek.

Hoe spel twee werk

Skryf die leidrade op 'n papier wat in 'n rolletjie gerol word. Hier kan u eie verbeelding gebruik. Leidraad no.1 word aan die groep oorhandig deur 'n volwassene. Leidraad no.1 lei na leidraad no. 2, ensovoorts. Leidraad no.2 word weggesteek op die plek wat deur leidraad no.1 beskryf word, ensovoorts. By die variasie op die speletjie, word daar een van die kinders se geskenkie saam met leidraad no. 2 weggesteek, ensovoorts. Almal moet help soek totdat elke kind se skat gevind is.

Voorbeelde van leidrade

Lapa of kuiervertrek

    Kinders, Daar word gewoonlik vleis gebraai,
    dit lyk of die Skattejagters hier moet draai,
    Waar die tafel staan met blomme opgedres
    Baie koeldranke en water in 'n fles
    Frikkadelle, worsies en mengelslaai,
    koek en poedings met sous so taai
    Brood, hoender en skaap se boud –
    daar vind julle die pot met goud.

Pophuis

    Daar staan 'n huisie so klein
    Stoeltjie, bedjie, koppies so fyn
    Tussen varings en witstinkhout boom
    Kan ek maar net daaroor droom
    Kom jy na hierdie poppe-paleis
    Sal Poppie die volgende leidraad wys.

Glyplank

    Sussie, Boeta almal kan baljaar
    Gil, skreeu in water daar
    Trappe klim en veilig sit
    Gly-gly, so doen mens dit
    Maar nou is almal bly
    hier kan hul nog 'n leidraad kry.

Tags:

Kind

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

KweekhuisgasStereotipeLongLys van elemente volgens simboolHartAntisemitismeInfeksieFotosinteseSkoolNarsistiese persoonlikheidsteuringGeskiedenis van die Verenigde State van AmerikaMierMadison IvyJavaScriptVoornaamwoordMusiekKoolhidraatRumatiekNetbalVoëlNederlandSirkelVleilandPropagandaPseudowetenskapWaterpokkiesDonderstormEkonomiese sektorTweede Nuwe JaarAppelMagsverheffingLugbesoedelingKostuumsLeestekenArthur GrumiauxHeuningDiskriminasieLeierStrykysterNoord-KaapGoogle MapsAfrikaanse TaalmonumentKlein vyf diereVerkleurmannetjieTsoenamiKlimaatsverandering in Suid-AfrikaOlifantOogRassisme in AfrikaMasturbasieStilleweAbstraksie (rekenaarwetenskap)Kaapstadse waterkrisis 2015-2018Heks van HexrivierSeekoeiPuberteitMaagDundermMIV/vigs in Suid-AfrikaOmgewingskwessies in Suider-AfrikaGriekwa-AfrikaansPlae van EgipteDansRuslandKondensasieDiarreeOligopoliePriemgetalReënJaco JacobsKwame NkrumahGeskiedenis van erotiese afbeeldingsReg tot ‘n gesonde omgewingJo BlackMaroela Media🡆 More