Skald

'n Skald of skáld (Oudnoors en Yslands vir digter) was in die Wikingtydperk 'n hofdigter of minnesanger wat skaldegedigte geskryf het.

Skaldegedigte is tradisioneel op een geleentheid en deur een mens geskryf, terwyl die ander vorm van Oudnoorse poësie, Eddagedigte, eerder met tradisie verbind word.

Skald
'n Minnesanger sing van beroemde dade, deur J.R. Skelton, omstreeks 1910.

Meer as 5 500 skaldeverse in 700 manuskripte het bewaar gebly, insluitende verskeie sagas en in Snorri Sturluson se Prosaïese Edda, 'n boek met skaldegedigte wat tot 'n herlewing in die kuns gelei het. Baie van die verse is fragmente van oorspronklik langer werke en dit is onbekend wie baie daarvan geskryf het.

Die vroegste bekende skaldegedig is geskryf deur Bragi Boddason, bekend as Bragi die Oue, 'n Noorweegse skald van die eerste helfte van die 9de eeu. Die meeste bekende skalde was verbonde aan die hof van Noorweegse konings in die Wikingtydperk, en later was al hoe meer van hulle Yslands. Die inhoud van hulle uitgebreide gedigte was soms mities van aard voor die kerstening van Skandinawië en daarna gewoonlik historiese materiaal wat die dade van hulle beskermhere uitgebeeld het. Die tradisie het tot in die laat Middeleeue voortgeduur.

Digvorm

Skalde- en Eddagedigte stam van dieselfde tradisie van allitererende verse af, en in Oudnoors sowel as Yslands beteken die woord skald bloot "digter". Skaldegedigte verskil van Eddagedigte deurdat hulle met 'n enkele digter verbind word eerder as met tradisie. Die styl, met dróttkvætt ("hofmeter"), is ook ingewikkelder, want dit verg interne ritme sowel as alliterasie. Die ouer fornyrðislag ("antiekewoord"-), ljóðaháttr ("liedvorm-") en málaháttr ("spraakvorm-")meters van die Eddagedigte is eenvoudiger. Die gevolglike kompleksiteit van skaldegedigte kan vir die moderne leser moeilik verstaanbaar lyk. Die oorspronklike gehoor, wat die kuns geken het, kon egter baie verstaan as hulle dit die eerste keer hoor en kon intellektuele bevrediging daaruit kry.

Verwysings

Skakels

  • Skald  Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Engelse Wiki vertaal.

Tags:

MinnesangOudnoorsPoëtiese EddaWikingYslands

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

BreinvliesontstekingApostelBoer Soek 'n VrouSaldanhaToestand van materieWerkersdagVakbondYstervarkNasionale PartyKaliforniese KanaaleilandeBlaarVoortrekkermonumentCorioliskragLieweheersbesieGeskiedenis van die BoererepubliekeOmgewingskwessies in Suider-AfrikaStaatstoelaeVerkoueGetalAt BothaAManie JacksonEmfiseemGemeenskapsorganisasieNiemetaalMuskeljaatkatKonjunktivitisAdolessensieTropiese sikloonJan van HunksKaliumTierTelwoordVolhoubare ontwikkelingLys van landeMaroela MediaDuitse maselsAfrikaanse Protestantse KerkWes-KaapHeuningbySosiale mediaNederduitsch Hervormde KerkApostoliese GeloofsbelydenisEkonomiese kwessies in Suid-AfrikaRookgewoonteGereformeerde Kerke in Suid-AfrikaHoërskool OuteniquaPoësieKlimaatsverandering in Suid-AfrikaVerantwoordelikheidWet op NaturellengrondValentynsdagSharpeville-slagtingSuikerbekkiesBraaiWilna SnymanArgitektuurSigaretMikro-ekonomieAngssteuringGodBuffelNag van die lang messeMosesDieretuinWindMenslike penisgrootteKoperDoelwitSpinnekopGrondbesoedelingGriepWiskundige terminologieHandwoordeboek van die Afrikaanse TaalKlere🡆 More