Skaapvleis

Lams- en skaapvleis is die vleis van mak of huishoudelike skape (Ovis aries).

Die vleis van 'n skaap in sy eerste jaar word lamsvleis genoem, dié van 'n jong skaap ouer as een jaar is 'n hamel, en die vleis van 'n volwasse skaap is skaapvleis.

Skaapvleis
Lamsboude en (agter) 'n skaapribbetjie
Skaapvleis
Lamsnitte: 1. Nek 2. Blad 3. Beste deel 4. Rug 5. Lende 6. Boud 7. Skouer 8. Bors

Die karkas word in vier kwarte verdeel, twee voorkwarte en twee agterkwarte. Die voorkwart strek van die nek tot by die lies. Karkassnitte uit die voorkwart is dikwels taaier as agterkwartsnitte, omdat die spiere harder werk, maar dit benadeel nie die geur of smaak nie. Vir hierdie snitte is langer gaarmaakmetodes soos stowe, smoor of potbraai dikwels beter. Die agterkwart is die agterste deel van die dier, met sagter snitte wat geskik is vir braai en ander vinnige gaarmaakmetodes.

Lams- en skaapvleis se smaak kan wissel, volgens die dier se ouderdom en die tipe weiveld waarop die dier geloop het. Die term lammers beskryf lewende jong skape, wat vir vleis gebruik mag word, of nie. In Australië word dikwels die term prima lam gebruik om te verwys na lammers wat vir vleisproduksie bestem is.

Volgens die Rooivleisindustrie van Suid-Afrika word die volgende vleissnitte onderskei:

  • Boud, kruis, lies, lende, rib, bors, dikrib, nek, skouer, skenkel.

Verwysings

Bronne

Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wiki vertaal.

Eksterne skakels

Tags:

Skaap

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

WinterAborsie in Suid-AfrikaKriekCheslin KolbeWoordLys van nedersettings in Suid-AfrikaBeleggingKultuurVersoeningsdagTuisbladEngelandKolonoskopieAkuutKlimaatveranderingMark (ekonomie)United Democratic FrontWaterbesparing in Suid-AfrikaIntensiewe vormPeriodieke tabelWapen van Suid-AfrikaVerenigde State van AmerikaAardbewingAfkortingFabelVingerseksSonkragYsterVaginaOu Apostoliese KerkLys van kinderspeletjiesVerenigde KoninkrykJeugdagMane van GalileiLettergreepTandbederfLionel MessiWaterpokkiesLys van Griekse mitologiese figureVoorvoegselEugenetikaRob HersovAardeLeierHandwoordeboek van die Afrikaanse TaalOnomatopeeVrystaatWetenskaplike klassifikasieProstaatkankerTegnologieWet op NaturellengrondFrankrykMuskeljaatkatStaalMaroela MediaGeskiedenis van Suid-AfrikaKindermishandelingFeminismeSpoorvervoer in Suid-AfrikaWieg van die MensdomGroot vyfKoorsblaarHartNatuurrampWerkloosheidKonsonantAngolese BurgeroorlogWisselkoersSwangerskapDeelwoordOopbroninhoudTweede Nuwe JaarSpysverteringstelselKaapse VlakteLys van Suider-Afrikaanse soogdiereVoorsetsel🡆 More