Skálholt

Skálholt is 'n klein dorpie in die munisipaliteit Bláskógabyggð van die Suid-Yslandse administratiewe gewes Suðurland.

Die dorp maak deel uit van die sogenaamde Goue Ring, 'n gewilde toeristeroete. Skálholt lê in die Laer Biskupstungurvallei tussen die riviere Hvítá en Brúará en bestaan tans slegs uit 'n groot kerkgebou en enkele huise. Die dorpie is nogtans een van die belangrikste historiese plekke in Ysland, en die gebeure wat hier oor 'n tydperk van sewe eeue afgespeel het, het 'n groot invloed op die politieke, geestelike en kulturele lewe in Ysland uitgeoefen.

Skálholt
Dorp
Skálholt
Skálholt is in Ysland
Skálholt
Skálholt
Koördinate: 64°07′00″N 20°32′00″W / 64.11667°N 20.53333°W / 64.11667; -20.53333 20°32′00″W / 64.11667°N 20.53333°W / 64.11667; -20.53333
LandVlag van Ysland Ysland
RegionSuðurland
MunisipaliteitBláskógabyggð
Stigting1056
Bevolking
 • Totaal160
TydsoneUTC±00:00 (GMT)
Webwerfskalholt.is

Geskiedenis

Skálholt 
Skálholt in die winter

Skálholt se vroeë geskiedenis dateer terug na die 11de eeu, 'n periode van godsdienstige twiste. Sowat twee eeue ná die Noorse volksplanting in Ysland is in 1056 die eerste bisdom vir Suid-Ysland in Skálholt gestig. 'n Tweede bisdom vir Noord-Ysland in Hólar het in 1109 gevolg.

Skálholt is deur Ísleifur Gizurarson (1006–1080), die seun van Gissur die Witte, as die plek vir die eerste biskopsetel gekies, moontlik omdat die landgoed van sy vader in Skálholt geleë was – sy grootvader Teitur Ketilbjarnarson was die eerste setlaar in die gebied.

Ísleifur se vader, 'n welvarende adellike 'n gedugte politikus het 'n beslissende rol by die kerstening van Ysland en die vestiging van 'n plaaslike kerkorganisasie gespeel. Hy het omtrent die jaar 1000 ook die eerste Yslandse kerk in Skálholt opgerig. Die bekende Middeleeuse Duitse geskiedskrywer Adam van Bremen het omtrent 1075 na Skáltholt as die grootste dorp in Ysland verwys.

Biskop Klængur Þorsteinsson het hier in die 12de eeu 'n groot weelderige katedraal laat oprig. Die kerkgebou is met ingevoerde Noorse timmerhout gebou. Tot by die Reformasie van die jaar 1550, wat op bevel van die Deense koning Christiaan III ook in Ysland deurgevoer is, het Skálholt eeue lank as die opvoedkundige en kulturele sentrum van Ysland gedien. Jón Arason, die laaste Rooms-Katolieke biskop van Ysland, is in 1550 saam met sy twee seuns in Skálholt tereggestel.

Vandag is Skálholt vanweë sy nuwe katedraal (wat in 1956 opgerig is), sy biskopsgrafte, sy museum en sy versameling van ou boeke in die toring 'n gewilde toeristebestemming. Die plaaslike hoërskool se skoolhuis dien gedurende die somer as 'n gastehuis.

Bronne

  • Adam van Bremen (uitgegee deur G. Waitz): Gesta Hammaburgensis Ecclesiae Pontificum. Berlyn 1876 Aanlyn beskikbaar Geargiveer 23 Desember 2007 op Wayback Machine
  • Adam van Bremen (vertaal in Engels deur Francis Joseph Tschan en Timothy Reuter): History of the Archbishops of Hamburg-Bremen. Columbia University Press 2002

Eksterne skakels

Tags:

Ysland

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Suid-Afrikaanse algemene verkiesing van 1994MenstruasieLys van Nasionale Simbole van Suid-AfrikaRenaissanceLionel MessiYstertydperkSitrusVlekvrye staalMark (ekonomie)KnopiespinnekopWaterHoofpynAardbewingDierSoutsuurBestaansboerderyEkonomieBrendan PeyperOrale seksNetbalGeografie van Suid-AfrikaWiskundige terminologieDuitslandItaliëLabia (geslagsdele)Jo BlackGalileo GalileiHibernasieWet op Bantoe-onderwysBrongitisSlag van BloedrivierRumatoïede artritisKostuumsAfrikaanse woordelys en spelreëlsBreingewasChloorTennisDieregeluideJansenvilleLys van Suider-Afrikaanse soogdiereBraaiLandbouNasionale VrouedagErektiele disfunksieBevolkingMiddeloorontstekingKlavierDesmond TutuTelevisieVerenigde Koninkryk7de LaanEkotoerisme23 AprilVerlede tydMusieksimboleFossielbrandstofMynbouWeervoorspellingAfrikanersGereformeerde Kerke in Suid-AfrikaPussy RiotBybelSkaakGeweldVeeartsBiologieHannes van WykJuan Antonio VillacañasMasturbasieDistillasieLys van Suid-Afrikaanse digtersDemokrasieSarel Jacob PretoriusNeonE-posKlereLandbou in Suid-AfrikaGamelan🡆 More