Chinese Bergkat

Die Chinese bergkat (Felis silvestris bieti), ook bekend as die Chinese woestynkat, is ’n klein wildekat van Wes-China.

Dit is die onbekendste lid van die genus Felis. Dit is voorheen as ’n aparte spesie, die Felis bieti, beskou. In 2007 het genetiese toetse getoon die kat is ’n subspesie van die wildekat, Felis silvestris. Dit word deur die IUBN geklassifiseer as 'n kwesbare spesie.

Chinese bergkat
Chinese Bergkat
Felis silvestris bieti in XiNing Wild Zoo
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Orde:
Familie:
Genus:
Spesie:
F. silvestris
Subspesie:
F. s. bieti
Trinomiale naam
Felis silvestris bieti
Chinese Bergkat
Verspreiding van die Chinese bergkat (in groen).

Beskrywing

Die kat lyk soos ’n Europese wildekat, buiten die kleur van sy pels, wat sandkleurig is met donker dekhare. Die onderkant van die kat is witterig en daar is swart ringe aan die stert en bene. Daar is dowwe, donker horisontale strepe aan die gesig en bene, wat soms skaars merkbaar is.

Hulle is sowat 69-48 cm lank, plus ’n stert van sowat 29-41 cm. Die massa van volwasse katte kan wissel van 6,5 tot 9 kg. Hulle het ’n relatief breë kop en lang hare tussen hul tone.

Verspreiding

Die kat is endemies aan China. Beperkte getalle kom voor in die noordoostelike dele van die Tibettaanse Plato in Qinghai en Noord-Sichuan. Hulle woon in yl beboomde woude en beboste gebiede.

Chinese bergkatte is snags aktief wanneer hulle vir klein knaagdiere en voëls jag.

Verwysings

Eksterne skakels


Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wiki vertaal.

Tags:

Chinese Bergkat BeskrywingChinese Bergkat VerspreidingChinese Bergkat VerwysingsChinese Bergkat Eksterne skakelsChinese Bergkat

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

VulvaGedigWoestynWetenskaplike klassifikasieLys van deelnemers aan die Slag van BloedrivierJeugdagBeaufortskaalGoudkus (streek)Lys van Suider-Afrikaanse soogdiereTydGasChemiese verbindingDuitslandKoolhidraatMandalaLiefdeWet op Bantoe-onderwysErfenisDikdermElandréAdolf HitlerVeelvoudige sinPriemfaktorMigrasie van diereBlaarHefboomLeonardo da VinciHibernasieHernubare energieOntbossingAnti-inflammatoriese middelVakbondPornografiese subgenresCalviniaBesoedelingGipsLys van nedersettings in Suid-AfrikaVaginaKaapstadNatuurrampSeksuele penetrasieMenslike seksuele gedragKunselementeTandbederfJode in Suid-AfrikaImpakte van toerismeBoelieryDierAngina pectorisSnaarinstrumentWiskundeAardeDemokratiese AlliansieSprokieRussiese inval in Oekraïne sedert 2022SuurstofAfro-AmerikanersBTWRuslandPredikante van die Gereformeerde Kerke in Suid-AfrikaPresident van Suid-AfrikaSpeelkaartDramaLeeudoringstad-spoorwegrampDeelwoordInkomsteSinoniemSonpaneelBruin menseVlekvrye staalGroot vyfMotorvoertuigNag van die lang messeTreinHeks van HexrivierVroueregte🡆 More