Sitka

Die City and Borough of Sitka (Tlingit: Sheetʼká, Russies: Ситка), oorspronklik (onder Russiese bewind) Nowo-Archangelsk (Ново-Архангельск of Новоaрхангельск) is 'n sogenaamde unified city-borough (stad en administratiewe munisipaliteit) in die suidooste van die Amerikaanse deelstaat Alaska, met 'n bevolking van 8 881 volgens die sensus van 2010.

City and Borough of Sitka
Stad
Die middestad van Sitka in 1984
Die middestad van Sitka in 1984
Sitka
Koördinate: 57°03′12″N 135°20′06″W / 57.05333°N 135.33500°W / 57.05333; -135.33500 135°20′06″W / 57.05333°N 135.33500°W / 57.05333; -135.33500
LandVlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State
DeelstaatSitka Alaska
BoroughSitka
Stigting1799 (Russiese fort)
Geïnkorporeer op5 November 1913
Regering
 • BurgemeesterGary Paxton
Oppervlak
 • Totaal12 471,16 km2 (4 815,14 vk. myl)
 • Land7 433,31 km2 (2 870,01 vk. myl)
 • Water5 037,86 km2 (1 945,13 vk. myl)
Hoogte
8 m (26 ft)
Bevolking
 • Totaal8 881
 • Digtheid1,16/km2 (3,01/vk. myl)
TydsoneUTC-9 (Alaska)
 • SomertydUTC-8 (Alaska)
Poskode
99835
Skakelkodes907
Webwerfcityofsitka.com
Sitka
Die suidfasade van Russian Bishop's House, die historiese ampswoning van Sitka se Russies-Ortodokse biskop in Lincoln Street wat in 1969 gesluit en in 1973 deur die National Park Service (NPS) oorgeneem is. Dit maak tans deel uit van die Sitka National Historical Park

Die stadsgebied van Sitka is op die weskant van die eiland Baranof en die suidelike deel van die eiland Chicagof geleë wat albei deel uitmaak van die noordelike Stille Oseaan se Alexander-argipel en die sogenaamde Alaska Panhandle. Met 'n oppervlakte van 2 870,3 vierkante myl of 7 434 vierkante km (sonder water) is Sitka die grootste city-borough in die VSA.

Drie beskawings het spore gelaat in die eilandgemeenskap se geskiedenis, kultuur en boukuns - inheemse Tlingit, Russe en Amerikaners.

Histories was Sitka tussen 1799 en 1867 die administratiewe setel van Russies-Amerika, 'n gebied wat deur die tsaristiese regering op 18 Oktober 1867 aan die Verenigde State verkoop is - 'n historiese datum wat in die deelstaat steeds as Alaska Day herdenk en gevier word (in Sitka as Alaska Day Festival). Na die nedersetting, wat in die weste deur die Stille Oseaan en sneeubedekte bergpieke met reënbosse aan hul voet omring word, is in die 19de eeu verwys as die Parys van die Stille Oseaan.

Toerisme in die gebied het reeds in die laat 19de eeu gefloreer. Die redery Pacific Coast Steamship Co. in San Francisco, Kalifornië het vanaf 1881 gereelde maandelikse plesierbootreise na Suidoos-Alaska aan boord van twee skepe, die Ancon en die Idaho, aangebied. Later is 'n derde plesierboot, die Eureka, in diens gestel. Passasiers moes $30 opdok vir die standaardkajuit, of $15 vir die goedkoopste opsie as tussendekpassasier.

In 1845 is die Russies-Ortodokse Kerk se sendingskool geopen wat onderwys in inheemse tale (Aleoeties, Tlingit en die Eskimotaal Inuïties), geneeskunde en Latyn aangebied het.

Verwysings

Eksterne skakels

    Toerisme

    Media

Tags:

AlaskaRussiesVerenigde State van Amerika

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

TerracottaleërErektiele disfunksieKlavierGeskiedenis van Suid-AfrikaUnited Democratic FrontBruin menseSpelerposisies in rugbyHefboomEskomGewasboerdery in Suid-AfrikaVersoeningsdagFilosofieSuid-Afrikaanse Nasionale ParkeVlagterminologieOlimpiese SomerspeleVierkantswortelAborsie in Suid-AfrikaDubbelpuntProteaVryheidsdagSinoniemMalariaKonjunktivitisBoontjieAluminiumMangelontstekingStereotipeRymNasionale erfenisterreine van Suid-AfrikaSiya KolisiMeervoudFacebookAfrikaanse woordelys en spelreëlsInternetWatersuiweringWorcesterNasiebouGreen PornoItaliëHartNeurenberg-verhoreJode in Suid-AfrikaBybelDikdermInnes en Franna BenadéAgtervoegselBlourokkeAnglisismeSnaarinstrumentGordelroosYstertydperkDrakensbergeJo BlackAtletiekCovid-19-pandemie in Suid-AfrikaPretoriaAlkoholismeRugbyTelkomLys van visseInfeksieGawes van die Heilige GeesDramaGrondsoorteMusiekWaterbesparing in Suid-AfrikaLys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaInsekHolocaustRuslandVergelykings (taalkunde)HoofpynKoppeltekenProstaatkankerGeslagsgelykheidLys van Suid-Afrikaanse musikante🡆 More