Donald Bradman

Sir Donald 'Don' Bradman (1908–2001) was ’n legendariese Australiese krieketspeler, een van die beste kolwers nóg.

Bradman word deur baie as die beste kolwer van alle tye gesien, alhoewel Sachin Tendulkar ook 'n sterk aanspraakmaker op die titel sou wees. Sy kolfgemiddelde van 99,94 in toetswedstryde word as 'n buitengewone prestasie beskou. Hy is tot vandag toe nog 'n bekende sportster in sy land.

Sir Donald Bradman
Donald Bradman
Donald Bradman in 1936
Volle naam Donald George Bradman
Gebore (1908-08-27)27 Augustus 1908
Cootamundra, Nieu-Suid-Wallis, Australië
Gesterf 25 Februarie 2001 (op 92)
Kensington Park, Suid-Australië, Australië
Bynaam(e) The Don, The Boy from Bowral, Braddles
Lengte 1,73 m
Kolfstyl Regshandig
Boulstyl Regterarm
Rol Aanvangskolwer
Internasionale geskiedenis
Nasionale span Australië
Toetsdebuut (no 124) 30 November 1928 v Engeland
Laaste Toets 18 Augustus 1948 v Engeland
Eersterangse spaninligting
Jaar(e) Span
1927–1934 Nieu-Suid-Wallis
1935–49 Suid-Australië
Loopbaanstatistiek
Kompetisie Toets 1e rang
Wedstryde 52 234
Lopies aangeteken 6996 28067
Kolfgemiddeld 99,94 95,14
100s/50s 29/13 117/69
Hoogste telling 334 452
Aflewerings geboul 160 2114
Paaltjies 2 36
Boulgemiddeld 36,00 37,97
5 paaltjies in 'n kolfbeurt 0 0
10 paaltjies in 'n wedstryd 0 0
Beste boulontleding 1/8 3/35
Vangskote/Stonkings 32/– 131/1
Bron: Cricinfo, 4 Desember 2014

Lewensloop

Donald George Bradman is op 27 Augustus 1908 in Cootamundra in Australië gebore, maar het in Bowral grootgeword. Hy het van 1928 tot 1948 toetskrieket gespeel.

Bradman maak sy debuut in die eerste toets teen Engeland. Sy loopbaan is vir agt jaar deur die Tweede Wêreldoorlog onderbreek. In sy 52 toetswedstryde en tagtig beurte het hy 29 honderdtalle aangeteken en 13 keer meer as vyftig lopies behaal. Vir twintig jaar was hy die jongste speler om 'n honderdtal aan te teken en hy het nog talle ander rekords agter sy naam. Een van sy rekords wat vandag nog staan is sy kolfgemiddelde van 99,94 lopies. Tydens sy laaste toets moes hy net vier lopies aanteken om sy kolfgemiddelde oor die 100 lopies te stoot. Hy kon egter geen lopies behaal nie en is uit vir 'n eier (nulletjie).

Hy is in 1948 tot ridder geslaan en in 1985 in Australië se Heldesaal vir Sport vereer. Tydens 'n stemming is hy as een van die grootste Australiërs van die 20ste eeu aangewys.

Bradman is op 25 Februarie 2001 in Kensington Park in Suid-Australië aan longontsteking oorlede. Hy was 92 jaar oud.

Fotogalery

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Donald Bradman LewensloopDonald Bradman FotogaleryDonald Bradman VerwysingsDonald Bradman Eksterne skakelsDonald BradmanAustralieseKrieketSachin Tendulkar

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

DiplopodaLys van Suid-Afrikaanse musikanteSpookvoëlHeupEkonomieCyril RamaphosaSuid-AfrikaGroot TrekFredi NestDiepaartromboseKinkhoesKolorektale kankerSonKuberkrakerVleesbaaiLimfvatstelselAleksei NawalniHoofstadLys van elemente volgens simboolLibiëVoorsetselA.J. ApplegateKaapstadPsigopatieMuskeljaatkatWikiquoteAkira ToriyamaFiksieN.P. van Wyk LouwKoorsblaarTobie CronjéHeilige SaterdagTandbederfPolisieBrasiliaanse nasionale rugbyspanGewone drolpeerNederlandsAkroniemOrgaanOntbinding van die SowjetunieAkkedisDramaBybelvertalingDesiré GardnerWaterpokkiesLeeuVerenigde KoninkrykHeliosfeerEuropese Suidelike SterrewagChristo WieseAtriale fibrillasieErfenisMaroela MediaGesinsdagHemelvaartsdagHolocaustGeelsugOrgasmeKalenderPG du PlessisHandwoordeboek van die Afrikaanse TaalLys van nedersettings in Suid-AfrikaTonnels van Củ ChiLys van Suid-Afrikaanse skrywersWaverBloeddrukVrymesselaryKadmiumPublieke domeinRolprentLys van Afrikaanse skrywersLikkewaanSeksuele penetrasie🡆 More