Singhasari

Die Singhasari was 'n dinastie wat met die stad Malang op Oos-Java van 1222–1292 as hoofstad oor dele van die huidige Indonesië geheers het.

Singhasari
Die Singhasari-ryk

Die begin van hierdie dinastie is veral bekend uit die Pararaton-kroniek. Die laaste koning van Kediri, Kertajaya (1185–1222) was 'n tiran wat met religieuse leiers gebaklei het. Een van sy vasalle, Tunggal Ametung, die vors van Tumapel, die hoofstad van die vroeër koninkryk Janggala was ook 'n repressief heerser. Ken Arok, 'n jong man van lae afkoms ('n sudra die laagste Hindoe-kaste) dood Ametung en trou met Ken Dedes. Sy is deur Ametung ontvoer en gedwing sy vrou te word en sy is swanger van sy seun Anusapati. Ken Arok verslaan Kediri en stig die Singasari-dinastie in Malang. Hy regeer as koning Rajasa van 1222–1247 en word as 'n wyse koning beskou. In 1247 word hy nogtans deur sy stiefseun Anusapati vermoor.

Singhasari
Prajnaparamita

Die beeld van Prajnaparamita word as een van die beste kunsvoorwerpe uit hierdie tydperk beskou en koningin Ken Dedes wat as 'n groot skoonheid bekend is, het dalk die model gewees. Dit verbeeld waarskynlik die bodhisattva van deernis Kwan-non of Guanyin.

Die dinastie eindig met die vyfde koning Kertanagara. In sy dae word China beheers deur die Mongole en Khubilai Khan eis onderwerping van hom. Hy word nogtans in Mei 1292 deur Jayakatwang in 'n staatsgreep vermoor. Jayakatwang is die vors van Kediri wat die Kediri-koninkryk wil herstel. In November stuur die Yuan-dinastie 'n vloot van duisend jonks en Jayakatwang word gedood. 'n Afstammeling van Ken Arok en Ken Dedes en skoonseun van Kertanegara, Raden Wijaya verslaan die Mongoolse invallers en stig in 1293 die koninkryk Majapahit.

Verwysings

Tags:

IndonesiëMalang

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

WaterbesoedelingKatoenPubiese hareNoord-KaapAntisemitismeMenslike seksuele gedragSeksismeSenuweestelselSuid-AfrikaVrystaatGenadedoodLys van Afrikaanse televisiereekseAardverwarmingTeologiese Kweekskool (Stellenbosch)SpreeuVakbondGalblaasLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)WaterkringloopKlereMiljardEskomRuslandCorioliskragMisdaadPenisTaalAnglo-BoereoorlogRookgewoonteRooibokTierSoweto-opstandAlkoholismeSelfoonEmosieGezina, PretoriaTydProteaBreinkaartDomineeStudievaardighedeReënBlaarMigrasie van voëlsWright-broersVerkleurmannetjieMarie AntoinetteVoortrekkermonumentBiodiversiteitBevolkingSpinnekopSan Andreas-breukFisiese oefeningReg tot ‘n gesonde omgewingKrygkorHerpes simplexLetterlike en figuurlike taalgebruikLetterkundeRenaissanceVeelvoudige sinWitbloedselNeerslagEjakulasieMorfologie (taalkunde)HoofstadGeelhoutVervoerLettergreepSuikersiekteSendelingposisieVaginaKoperFamilie (verwantskap)Cleopatra VIIPornografiese subgenres🡆 More