Die Singapoerse Grand Prix is 'n Formule Een motorwedren wat jaarliks op die Marinabaai Straatrenbaan in Singapoer gehou word.
Die Grand Prix is 'n ren op die FIA Formule Een Wêreldkampioenskapskalender en was die eerste F1 aandren en die eerste straatren in Asië. Die Spanjaard Fernando Alonso van die Renault F1-span het die eerste Formule Eenren gewen.
Die Singapoerse Grand Prix sou tot ten minste 2021 op die F1-kalender bly, nadat die organiseerders van die wedren 'n kontrakverlenging met "Formula One Management" onderteken het op die eerste dag van die 2017-byeenkoms. Die vorige kontrakverlenging is in 2012 geteken vir tot en met 2017. Sedert 2008 het elke wedren ten minste eenkeer 'n veiligheidsmotor ontplooi, 'n totaal van 21 keer teen 2019.
Jaar | Renjaer | Vervaardiger | Plek | |
---|---|---|---|---|
2023 | Carlos Sainz jr. | Scuderia Ferrari | Marinabaai | |
2022 | Sergio Pérez | Red Bull-RBPT | ||
2020 2021 | afgelas weens die koronaviruspandemie | |||
2019 | Sebastian Vettel | Scuderia Ferrari | Marinabaai | |
2018 | Lewis Hamilton | Mercedes | ||
2017 | Lewis Hamilton | Mercedes | ||
2016 | Nico Rosberg | Mercedes | ||
2015 | Sebastian Vettel | Red Bull-Renault | ||
2014 | Lewis Hamilton | Mercedes | ||
2013 | Sebastian Vettel | Red Bull-Renault | ||
2012 | Sebastian Vettel | Red Bull-Renault | ||
2011 | Sebastian Vettel | Red Bull-Renault | ||
2010 | Fernando Alonso | Scuderia Ferrari | ||
2009 | Lewis Hamilton | McLaren-Mercedes | ||
2008 | Fernando Alonso | Renault | ||
2007- 1974 | nie plaasgevind nie - voorheen by die Thomson Road-baan gehou |
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Singapoerse Grand Prix, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.