Sinenjongo Hoërskool

Sinenjongo Hoërskool is 'n hoërskool in Joe Slovopark, Milnerton, Kaapstad.

Sinenjongo Hoërskool
Sinenjongo Hoërskool
Die skoolplein van Sinenjongo Hoërskool

Tipe Openbare en betaal; gemengde geslag
Hoof Mev Khuselwa Malinga-Nopote
Personeel 27 onderwysers
Leerlinge meer as 800
Grade 8–12
Stad Milnerton, Kaapstad
Provinsie Wes-Kaap
Land Suid-Afrika
Kleure           Blou en grys
Sinenjongo Hoërskool
Matriekleerlinge aan die Sinenjongo Hoërskool

Geskiedenis

In 1993 het Elda Mahlentle 'n laerskool in Chukustad, 'n informele nedersetting teenoor die renperdestal in Milnerton, gestig wat na haar genoem is. Grade 1 tot 4 is almal in 'n enkele klein barak gehuisves. Teen die einde van 1994 is die skool, wat destyds uit agt houerklaskamers bestaan het, uitgebrei tot Graad 9. Die Departement van Onderwys het die skool gesubsidieer en die salarisse van tien onderwysers betaal.

In 1996 is die skool met 16 onderwysers na nuutgeboude geboue in Joe Slovo verskuif. Ná langdurige onderhandelinge is die skool in 2004 in 'n openbare skool omgeskep. Elda Mahlentle Laerskool het Sinenjongo Hoërskool en Marconi Beam Laerskool geword.

Die skool het in 2012 bekendheid verwerf deur 'n veldtog vir gratis selfoontoegang tot Wikipedia wat deur die Graad 11 A-klas georganiseer is. Victor Grigas en Charlene Music van die Wikimedia-stigting het in Mei 2013 'n besoek aan die skool gebring en 'n dokumentêr oor die veldtog verfilm.

Tags:

HoërskoolKaapstadMilnerton

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

HerfsSeisoenBloeddrukSkaakFraktuurLeeuBestuiwingBlonde stereotipeEskomWoestynKommunismeTafelbergDramaGeslagsgelykheidKorrupsieWeefselBesoedelingKoppeltekenNederlandsKraaiGestremdheidSekondêre sektor van die ekonomieEllipstekenBipolêre gemoedsteuringBosvarkMadison IvySinkDepressie (gemoedstoestand)Seksuele opwekkingToerismeAfkappingstekenOorstromingToekoms van die AardeUitwerking van klimaatsveranderingAfghanistanPriemgetalSeevlakstygingIndustriële RevolusieTransatlantiese slawehandelTemperatuurWeer (meteorologie)LeenwoordHoërskool Sentraal, BloemfonteinMerinoEugenetikaAnglisismeKoperSonnestelselMiltEnsiklopedieMark (ekonomie)DroomDikdermKolorektale kankerEkonomieMidde-OosteDrakensbergeJavaScriptKontinentBruto binnelandse produkVoorvoegselGetalZenobia KockAalwynWoordVoedingPakistanPizzaBotswanaLewerTropiese sikloonVlinderGoogle🡆 More