Die sinchroniese taalkunde (ook deskriptiewe taalkunde), is die werk om te ontleed en te beskryf hoe 'n taal deur 'n groep mense in 'n spraakgemeenskap gepraat word (of hoe dit in die verlede gepraat is).
Taalkunde |
Teoretiese taalkunde |
Fonetiek |
Fonologie |
Morfologie |
Sintaksis |
Semantiek |
Leksikale semantiek |
Statistiese semantiek |
Strukturele semantiek |
Prototipe-semantiek |
Styl |
Normering |
Pragmatiek |
Toegepaste taalkunde |
Psigolinguistiek |
Sosiolinguistiek |
Generatiewe taalkunde |
Kognitiewe taalkunde |
Rekenaartaalkunde |
Sinchroniese taalkunde |
Diachroniese taalkunde |
Vergelykende taalkunde |
Etimologie |
Stilistiek |
Normatiewe taalkunde |
Lys van taalkundiges |
Onopgeloste probleme |
Wysig hierdie boksie |
Alle navorsing wat in die taalkunde gedoen word is deskriptief; soos alle wetenskappe, is die oogmerk daarvan om die taalkundige wêreld waar te neem soos dit is, sonder die vooroordeel van vooropgesette menings oor hoe dit behoort te wees.
Die sinchroniese taalkunde word dikwels teenoor die normatiewe taalkunde gestel, wat hoofsaaklik in die opvoedkunde en in gedrukte werke gevind word. 'n Normatiewe benadering probeer standaardvorme in die taal definieer en raad gee oor doeltreffende taalgebruik, en kan beskou word as die poging om die vrug van die deskriptiewe navorsing in 'n leerbare vorm weer te gee, hoewel dit ook van meer subjektiewe aspekte van taalestetika gebruik maak. Die normatiewe en deskriptiewe aspekte vul mekaar uiteraard aan, maar het verskillende prioriteite en word soms as teenstrydig beskou.
Akkurate beskrywing van werklike spraak is 'n moeilike saak, en taalkundiges moes dikwels tevrede wees met uiters onakkurate skattings. Byna alle teorieë op die gebied van die taalkunde het hulle oorsprong in die praktiese probleme verbonde aan die sinchroniese taalkunde. Fonologie (en die teoriese ontwikkelinge daarin, soos die foneem) handel oor hoe moedertaalsprekers hulle taal uitspreek. Sintaksis het ontwikkel om te beskryf wat gebeur wanneer die fonetiek 'n gesproke taal tot 'n genormaliseerde kontrolevlak reduseer. Die leksikologie versamel "woorde" en hulle afleidings en verbuigings: dit het nie juis tot algemene teorieë aanleiding gegee nie.
'n Uiters "mentalistiese" beskouing ontken dat die beskrywing van 'n taal deur enigiemand anders as 'n vaardige spreker van daardie taal gedoen kan word. Sodanige sprekers het 'n innerlike, sogenaamde "taalkundige vaardigheid", wat hulle in staat stel om op grond van hulle ondervinding nuwe maar korrekte uitdrukkings af te lei en om onaanvaarbare uitdrukkings te verwerp.
Daar is tienduisende beskrywings van duisende tale wat saamgestel is deur mense sonder voldoende opleiding in die taalkunde. Met 'n paar bewonderenswaardige uitsonderings is alle taalkundige beskrywings wat voor ongeveer 1900 gedoen is, amateurpogings.
'n Taalkundige beskrywing word as goed genoeg beskou as dit aan een of meer van die volgende doelwitte van die sinchroniese taalkunde beantwoord:
Daar is ook 'n paar bonusonderwerpe wat ingesluit kan word, soos teksontleding en historiese rekonstruksies.
Tans is die mees omstrede onderwerpe gewoonlik morfologie en sintaksis. In die taalstudie het die morfologie egter as studieveld herlewe.
Die doel van taalkundige teorie, wat die praktiese taalkundige betref, is om beskrywings van morfologie en sintaksis verstaanbaar te maak. Dit is maklik om te sien dat dieselfde data dikwels op verskillende maniere beskryf kan word. Daar was 'n tyd lank 'n sterk begeerte om 'n maatstaf te vind waarvolgens een beskrywing as die beste bestempel kon word. Vandag word daardie doelwit egter as te ontwykend beskou.
Vertaal uit die ooreenstemmende artikel in die Engelse Wiki Afrikaans.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Sinchroniese taalkunde, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.