Simo Häyhä: Finse sluipskutter (1905–2002)

Simo Häyhä (17 Desember 1905 Rautjärvi – 1 April 2002 Hamina) was 'n Finse soldaat wat waarskynlik die suksesvolste sluipskutter van alle tye was.

Daar word geglo dat hy meer as 500 soldate tydens die Winteroorlog gedood het, die hoogste aantal sluipskutterongevalle in enige oorlog. Hy was in Rusland bekend as Belaya smertj ("Die Wit Dood").

Simo Häyhä: Finse sluipskutter (1905–2002)
Häyhä as tweede luitenant, is die besering aan sy linkerkaak duidelik sigbaar.

Häyhä het in sy private oorlogsmemoires geskat dat hy ongeveer 500 vyandelike soldate geskiet het. Die memoir, getiteld "Sotamuistoja" (Oorlogsherinneringe), is in 1940 geskryf, 'n paar maande nadat hy gewond is, en beskryf sy ervarings in die Winteroorlog van 30 November 1939 tot 13 Maart 1940. Dekades lank versteek, is sy memoires ontdek in 2017.

Häyhä is gebore in Rautjärvi, 'n klein dorpie in Finland naby die huidige Fins-Russiese grens. Hy begin militêre diensplig in 1925. Tydens die Slag van Kollaa in die Winteroorlog tussen Finland en die Sowjetunie (1939-1940) het hy in temperature tussen -20 en -40 °C gewerk, met 'n heeltemal wit kamoefleerpak aan. In hierdie oorlog het hy 505 Rooi Leër-soldate met sy geweer (die M/28, 'n Finse weergawe van die Mosin-Nagant) en 200 met sy KP/31-masjiengeweer doodgemaak, 'n rekord wat waarskynlik nog nooit geëwenaar is nie. Häyhä het nie 'n teleskoop op sy M/28 gehad nie, een rede was omdat dit sy posisie aan die Russe sou openbaar as die son daarvan weerkaats. Hy het ook sneeu styf om sy geweer gepak, wat verhoed het dat die terugslag van sy geweerskote 'n sneeuwolk opskop wat 'n vyand kon gebruik om hom op te spoor.

Op 6 Maart 1940 is Häyhä deur 'n Russiese soldaat in die linkerkaak getref en het eers op 13 Maart sy bewussyn herwin toe 'n vredesverdrag tussen Finland en die Sowjetunie onderteken is wat die Winteroorlog beëindig het. Kort na die einde van die oorlog is hy van korporaal tot tweede luitenant bevorder.

Ná die oorlog het Häyhä ’n elandjagter en hondeteler geword. Hy het na Ruokolahti afgetree, waar hy op 1 April 2002 in die ouderdom van 96 oorlede is.

In 2010 het die Sweedse metaalgroep Sabaton 'n liedjie oor Häyhä gemaak met die titel White Death.

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

1 April17 Desember19052002Winteroorlog

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Rumatoïede artritisKewerAngina pectorisLLys van Suid-Afrikaanse skrywersOranje-VrystaatBloedsomloopstelselDiarreeNiersteenAgtergrond (narratief)VennootskapGriepAfkortingJakkalsVrystaatPaasfeesTweede Nuwe JaarStadGereformeerde Kerke in Suid-AfrikaLys van Afrikaanse digtersElon MuskViëtnamSeksBloeddrukLyfstraf in skoleKlein-KarooNederlandsChristiane JaccottetVerenigde KoninkrykOnderhoudLys van Suider-Afrikaanse soogdiere volgens wetenskaplike nameGalileo GalileiJuan Antonio Villacañas3D-rolprentPriemgetalGrondbewerkingSkaapFiela se kindDiskriminasieWekkerNaaldekokerAnneli van RooyenNasionalismeNelson MandelaKwaZulu-NatalWinterYstertydperkDeelteken en umlautToutrekIslamitiese StaatKolonoskopieFacebookMagsverheffingSlaginstrumentTradisionele Afrika-medisyneKunselementeTussenwerpselSuid-Afrikaanse GrensoorlogOlimpiese SpeleAfrikaanse WikipediaPredikante van die Gereformeerde Kerke in Suid-AfrikaLugbesoedelingLidwoord2001Sosiale mediaAfrikaanse TaalmonumentNiemetaalMaselsOogConsolidated B-24 LiberatorDeelwoordKnopiespinnekopKoolstofdioksied🡆 More