Die siel is die nie-materiële spirituele komponent van 'n mens of dier.
Hoewel dit nie wetenskaplik bewys kan word nie glo baie mense dat die siel onsterflik is en na die dood bly voortbestaan. Daarteenoor glo ateïste dat daar nie iets soos 'n siel is nie en dat lewende wesens slegs 'n liggaam (sonder 'n gees) is.
'n Dokter, Duncan MacDougall, het in die vroeë 1900's gepoog om die gewig van die siel te bepaal. Hy het persone geweeg voor en nadat die siel die liggaam verlaat het. Sy bevinding was dat die siel gemiddeld 21 g weeg. Daar word deesdae aanvaar dat die bevinding onbeduidend is en geen wetenskaplike meriete het nie.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Siel, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.