Sichote-Alin

Die Sichote-Alin (Russies: Сихотэ́-Али́нь) is ’n bergreeks in Primorski- en Chabarofsk-krai in Rusland.

Dit strek sowat 900 km noordoos na die hawestad Wladiwostok aan die Stille Oseaan. Die hoogste bergspitse is Tordoki Jani (2 077 m), Ko (2 003 m) en Anik (1 933 m).

Sichote-Alin
Sichote-Alin is die tuiste van die Amoer-luiperd, die grootste katspesie ter wêreld.

Sichote-Alin het een van die mees buitengewone gematigde klimaatstreke ter wêreld. Spesies eie aan die noordelike taiga soos die rendier en Oessoeri-bruinbeer leef hier saam met tropiese spesies soos die Amoer-luiperd, Siberiese tier en Asiatiese swartbeer. Die oudste boom in die streek is ’n 1 000 jaar oue Japannese taksisboom.

In die 1910's en 1920's is Sichote-Alin deeglik verken deur Wladimir Arsenjef (1872–1930), wat sy avonture in verskeie boeke beskryf het, veral Dersoe Oezala (1923), waarvan in 1975 ’n fliek gemaak is.

Op 12 Februarie 1947 het een van die grootste meteoorneerstortings in die onlangse geskiedenis hier plaasgevind. Die vallende meteoor het in die lug ontplof en tonne stukke metaal het oor sowat 1,3 km2 neergereën. Kraters is gevorm, waarvan die grootste 26 meter in deursnee is.

Sichote-Alin is in 2001 tot ’n Unesco-wêrelderfenisgebied verklaar weens sy belangrikheid vir die oorlewing van bedreigde spesies soos die Siberiese tier. Die erfenisgebied beslaan sowat 16 319 km2.

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Chabarofsk-kraiPrimorski-kraiRuslandRussiesStille OseaanWladiwostok

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

AfrikaansSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 2024Lys van bekende Suid-AfrikanersJaco JacobsHibernasieRosa ParksHortologiePenisVarkElon MuskSeksposisieAfleiding (taalkunde)DomineeWoordeboekSpelerposisies in rugbyUKhahlamba-DrakensbergparkMassaLidwoordNamibiëGrondSuid-Afrika-WetGrondsoorteRuslandJohannes MeintjesSan Andreas-breukYsterReg tot ‘n gesonde omgewingMaatskappyPampoentjies1990TierKimberleyVrymesselaryGeografie van Suid-AfrikaPlastiekKalenderVloeistofKunsFeminismeVerstedelikingPornhubBeurtkragKolitisDieregeluideVerkleurmannetjieFabelEkonomiese geskiedenis van Suid-AfrikaStadCarike KeuzenkampVerenigde State van AmerikaVerantwoordelikheidDroogteSwart nasionalismeFinale OplossingSlawernyUnited Democratic FrontOnderwysLys van Suid-Afrikaanse kunstenaarsMieliestronkCleopatra VIIMiljardMierMuskietAfvalbestuurMorfologie (taalkunde)SkaakBreinkaartMonopolieAfrikaMisdaadromanPeach van PletzenAardverwarmingSeekatGianna MichaelsBernice WestAarde🡆 More