Shirehoogland

Die Shirehoogland is ’n uitgestrekte bergreeks oos van die Shirerivier in Malawi.

Dit is sowat 130 km lank.

Shirehoogland
Foto geneem aan die hange van die Zombaplato op die Shirehoogland. Foto geneem aan die hange van die Zombaplato op die Shirehoogland.
Ligging Vlag van Malawi Malawi
Hoogte Hoogste punt: 2 087 meter bo seevlak
Ligging van Shirehoogland op 'n kaart (Malawi-reliëf)
Shirehoogland
Shirehoogland

Beskrywing

Die hoogland is op die meeste plekke sowat 900 m hoog en sluit verskeie berge in, soos Thyolo (1 462 m), Soche (1 533 m), Ndirande (1 612 m), Chiradzulu (1 773 m) en die Zombaplato (2 000 m).

Vanweë die gematigde klimaat en die moesonreëns wat soms heeljaar die waterbronne van die hoogland voed, was die voorheen feitlik onbewoonde streek baie gewild onder die koloniale Britte, wat met die verbouing van tee en hout gou ’n intensiewe plantasie-ekonomie daar gevestig het. Dit is dus nie per toeval dat die ekonomiese middelpunt van Malawi, Blantyre, ook daar geleë is nie.

Wat toerisme betref, is die Zombaplato en die nabygeleë stad Zomba ook gewild. Aktiwiteite sluit in stap in digte woude, bergklim, perdry, voëls kyk, hengel en bergfiets ry. Die steil hange van die plato bied ’n panoramiese uitsig oor die vallei, asook die Chilwameer in die noorde, Berg Mulanje in die suidooste en die Shirerivier in die weste.

Verwysings

35°8′O / 15.650°S 35.133°O / -15.650; 35.133

Tags:

MalawiShirerivier

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Cristiano RonaldoJaco JacobsInvloed van vigs op die ekonomieGeskiedenis van die BoererepubliekeVraag en aanbodVerkragtingBreinkaartKalenderWerkersdagOnse VaderInstagramBipolêre gemoedsteuringWiki CommonsVryheidsmanifesVaginaTsoenamiKlimaatVulvaLimfvatstelselSprokieSeevlakLys van Afrikaanse skrywersBosluisbytkoorsSeksualiteitVarkGeskiedenis van Suid-AfrikaYouTubeKommunismeTuisbladSeekatDermpoliepKlein-KarooSelfoonMeningsverskil oor aardverwarmingHefboomPad na jou hartLys van bekende Suid-AfrikanersKlankMynbedryf van Suid-AfrikaOlifantSirkelLeierMieliestronkAfrikaanse TaalmonumentMaatskappyBernice WestSuid-Afrikaanse GrensoorlogTropiese sikloonKoorsPerdOlimpiese SomerspeleVloeistofResensieSpelerposisies in rugbyDiatomiese molekuulEnsiklopedieBek-en-klouseerGoudkus (streek)SwartbewussynsbewegingTandbederfChemiese elementKapitalismeKrygkorEnkelvoudige sinDie Laaste Avondmaal (Leonardo)EkologieBateTaalGrondbesoedelingWerkloosheidPenisDuitslandOmgewingsbeheerKolorektale kankerKolitisKriekRassismeVerlede tyd🡆 More