Sharlto Copley

Sharlto Copley (gebore 27 November 1973) is 'n Suid-Afrikaanse akteur.

Hy het Wikus van de Merwe (sic) gespeel in die Oscar-benoemde wetenskapfiksierolprent District 9, Howling Mad Murdock in die 2010-aanpassing van die The A-Team, C. M. Kruger in die wetenskapfiksierolprent Elysium, James Corrigan in die wetenskap fiksie gruwel film Europa Report en Koning Stefan in die donkerfantasie-avontuurfilm Maleficent. Hy het ook die titelkarakter in die wetenskapfiksieprent Chappie gespeel en 'n ster in twee seisoene as Christian Walker van die TV-reeks Powers. Sharlto is getroud met mede-Suid-Afrikaanse aktrise en model Tanit Phoenix.

Sharlto Copley
'n Beeld van die betrokke persoonlikheid.
Copley in 2009

Geboorte 27 November 1973 (1973-11-27) (50 jaar oud)
Nasionaliteit Suid-Afrikaans
Beroep(e) Akteur
Aktiewe jare 2004-hede
Webwerf www.sharltocopley.com
Internet-rolprentdatabasis-profiel

Vroeë lewe

Sharlto Copley is in Johannesburg gebore en het skoolgegaan by St. Andrew's Preparatory School in Grahamstad en Redhill School in Morningside, Johannesburg. Sy pa is Dr. Bruce Copley, 'n voormalige universiteitsprofessor. Sy broer, Donovan, is die hoofsanger van die musiekgroep Hot Water in Kaapstad.

Loopbaan

'n Jaar na skool het Copley vir Neill Blomkamp ontmoet. Blomkamp was 16 en Copley was 22, en Copley het vir Blomkamp voorsien van die gebruik van sy rekenaar by sy maatskappy. Copley het 'n rol in Peter Jackson en Neill Blomkamp se District 9, waar hy die rol van Wikus van der Merwe speel, 'n Afrikaner wat die buitenaardse wesens moet help verskuif wat onverwags op die Aarde gestrand is.

Persoonlike lewe

Copley is met aktrise en model Tanit Phoenix getroud op 15 Februarie 2016 in Kaapstad, Suid-Afrika. Hy woon in beide Kaapstad en Los Angeles. Copley en sy vrou het 'n dogter saam.

Filmografie

Rolprente

  • 2006: Yellow
  • 2006: Alive in Joburg
  • 2009: District 9
  • 2010: Wikus and Charlize
  • 2010: The A-Team
  • 2013: Europa Report
  • 2013: Elysium
  • 2013: Oldboy
  • 2013: Open Grave
  • 2014: Maleficent
  • 2014: The Snow Queen 2: The Snow King
  • 2015: Chappie
  • 2016: Hardcore Henry
  • 2016: The Hollars
  • 2016: Free Fire
  • 2017: God: Serengeti
  • 2018: Gringo
  • 2018: God: City
  • 2019: Ted K
  • 2022: Russian Doll, Season 2

Televisiereekse

  • 2015: Powers

Verwysings

Tags:

Sharlto Copley Vroeë leweSharlto Copley LoopbaanSharlto Copley Persoonlike leweSharlto Copley FilmografieSharlto Copley VerwysingsSharlto Copley197327 NovemberAkteurDistrict 9OscarSicTanit Phoenix

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Grondwet van Suid-AfrikaMenslike skeletLys van Suider-Afrikaanse soogdiereAppel (sanger)MonopolySwartbewussynsbewegingSeksueel oordraagbare infeksieWitbloedselKolorektale kankerGesonde dieetWebwerfVarkgriepWeervoorspellingMagnetismeTegnologieKrugerwildtuinGeprosesseerde kosJeuksiekteHartaanvalGedigSlawernyJodeDermpoliepGoudkus (streek)JakkalsSonnestelselKeramiekMolekuulDonkieLidwoordLys van Suid-Afrikaanse digtersNiersteenNasiebouGeslagsgelykheidOligopolieKatoenSosiale mediaDieremishandelingBesoedelingAfrikaansSeptimius AwardsMartin Luther King jr.TydHolocaustKlein vyf diereAdolf HitlerSiya KolisiLarry PageZoeloesAfvalbestuurHeupWaarheid-en-versoeningskommissieAnneli van RooyenNarsismeKweekhuiseffekBoomAfrikaanse woordelys en spelreëlsAngolese Oorlog vir OnafhanklikheidChris Hani3D-rolprentVleilandPaarl GimnasiumKlavierSuid-Afrikaanse etniese groepe en kultureGeldWortelVigs1200MenseregteOorkruipersJohannes HahnCheslin KolbeInternetDolfyn🡆 More