Sharjah

Sharjah (Arabies: ٱلشَّارقَة, aš-Šāriqah) is die hoofstad en grootste stad van die emiraat Sharjah van die Verenigde Arabiese Emirate aan die Persiese Golf.

Met 'n bevolking van sowat 1 400 000 in 2015 is dit ook die derde grootste en derde mees bevolkte stad van dié land ná Doebai en Aboe Dhabi.

Sharjah

ٱلشَّارقَة
Stad
'n Uitsig oor Sharjah
'n Uitsig oor Sharjah
Vlag van Sharjah
Vlag
Wapen van Sharjah
Wapen
Sharjah is in Verenigde Arabiese Emirate
Sharjah
Sharjah
Ligging in die Verenigde Arabiese Emirate
Koördinate: 25°21′27″N 55°23′27″O / 25.35750°N 55.39083°O / 25.35750; 55.39083 55°23′27″O / 25.35750°N 55.39083°O / 25.35750; 55.39083
LandVlag van Verenigde Arabiese Emirate Verenigde Arabiese Emirate
EmiraatSharjah
Oppervlak
 • Totaal235,5 km2 (90,9 vk. myl)
Hoogte
3 m (10 ft)
Bevolking
 • Totaal1 400 000
TydsoneUTC+04:00 (GST)
LughaweSharjah Internasionale Lughawe
Webwerfsharjah.ae
Sharjah
Luglyn van die stad

Die emiraat deel wetlike, politieke, militêre en ekonomiese funksies met die ander emirate van die VAE binne 'n federale raamwerk, hoewel elke emiraat jurisdiksie het oor sommige funksies soos siviele wetstoepassing en voorsiening en instandhouding van plaaslike fasiliteite. Sharjah word sedert die 18de eeu deur die Al Qasimi-dinastie regeer.

Die stad is 'n sentrum vir kultuur en nywerheid, en dra op sy eie 7,4% van die BBP van die Verenigde Arabiese Emirate by. Die stad beslaan 'n benaderde oppervlakte van 235 km² en het 'n bevolking van meer as 800 000 (2008).

Die verkoop of verbruik van alkoholiese drank is verbode in die emiraat Sharjah sonder die besit van 'n alkohollisensie en alkohol word nie in Sharjah-hotelle, restaurante of ander afsetpunte bedien nie weens die Moslem-meerderheid in die area. Dit het Sharjah gehelp om die aantal Islamitiese toeriste wat die land besoek, te verhoog. Sharjah is amptelik aangewys as 'n WGO gesonde stad. Die 2016-uitgawe van QS Best Student Cities het Sharjah as die 68ste beste stad ter wêreld gelys om 'n universiteitstudent in te wees. Sharjah word beskou as die kulturele hoofstad van die VAE, en was die Islamitiese kultuurhoofstad in 2014. Sharjah is deur UNESCO as Wêreldboekhoofstad vir 2019 aangewys.

Sharjah is per lug verbind aan die buiteland met die Sharjah Internasionale Lughawe. Sharjah was een van die gasheerstede tydens die T20I-wêreldbeker 2021.

Eksterne skakels

Verwysings

Tags:

Aboe DhabiArabiesDoebai (stad)HoofstadPersiese GolfVerenigde Arabiese Emirate

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

AtoomKommunismeEngelsImpakte van toerismeSpysverteringstelselVingerseksKnieSpinnekopMielieVerkleinwoordRymLoftus MaraisHoofpynAsemhalingArmoedeverligtingAkroniemBank (finansiële instelling)OntbossingAkademiaSublimasieVulvaTermiese geleidingsvermoëApostoliese GeloofsbelydenisWêrelderfenisgebiede in Suid-AfrikaWeer (meteorologie)IdioomFilosofieMassaDemokratiese AlliansieMaatskappyKlankverskynselsWaterstofFiela se kind (rolprent)Suid-Afrikaanse etniese groepe en kultureVolhoubare ontwikkelingKleurPaddaMenstruasieDruiweKartografieItaliëPornografiese subgenresKankerAnglo-BoereoorlogHartseerVervoerMiltRugbyVolstruisAanpassingskapasiteitBywoordHeupvervangingLieweheersbesieMasturbasieSuid-Afrikaanse randNasiebouVarkgriepSlawernyOnse VaderDiskriminasieAnrich HerbstWesterse filosofieRob HersovMoslemVerkoueRumatiekDikdermVergelykings (taalkunde)Hidroëlektrisiteit1990Republiek die Kongo1913Carike KeuzenkampLys van Afrikaanse televisiereekseSkoenlapperLidwoord🡆 More