Seti I

Menmaatre Seti I was ’n farao van die 19de Dinastie van Antieke Egipte.

Hy was die seun van Ramses I en Sitre, en die pa van Ramses II. Nes met ander farao's is die presiese datum van sy bewind nie seker nie, maar datums wat dikwels aangegee word, is 1294-1279 v.C. en 1290-1279 v.C.

Seti I
Menmaatre, Seti Merenptah
Seti I
Farao van die 19de Dinastie
Periode 1290-1279 v.C.
Voorganger Ramses I
Opvolger Ramses II
Vader Ramses I
Moeder Sitre
Gade(s) Toeja
Oorlede 1279 v.C.
Seti I in Egiptiese hiërogliewe
Serech of Horusnaam
G5
E2
D40
N28G17R19S29S34N17
N17
Seti I
Nebty-naam
G16
F25F31sG43t
Z2
S42Aa1 p
O39
F23
D46
r
D44
T10
t
Z2
Z2
Z2
Goue Horus-naam
G8
F25N28
Z2
wsrsr
D44
T10
T10
T10
mN17
N17
N17
V30
Z2
Praenomen of troonnaam
M23
t
L2
t
Seti I
ramAatmn
Seti I
Nomen of geboortenaam
G39N5
 
Seti I
p
t
HC7iimri i
n
Seti I
Portaal  Portaalicoon   Antieke Egipte

Die naam Seti beteken "van Set", wat verwys na die god Set. Nes ander farao's het hy verskeie name gehad. Met sy troonbestyging het hy die praenomen of troonnaam "mn-m3‘t-r‘ " aangeneem, wat gewoonlik Menmaatre uitgespreek en as "Gevestig is die Regverdigheid van Ra" vertaal word. Sy nomen of geboortenaam, wat beter bekend was, was "sty mry-n-ptḥ" of Seti Merenptah, wat beteken "Man van Set, gelief by Ptah". Die Griekse priester Manetho het hom verkeerdelik beskou as die stigter van die 19de Dinastie en het gemeen hy het 55 jaar lank regeer, maar geen bewyse van so ’n lang bewind is al gevind nie.

Bewind

Seti I 
Hiërogliewe uit die tombe van Seti I.

Ná die enorme sosiale onrus wat veroorsaak is deur die godsdienshervormings van Achenaten, was Horemheb, Ramses I en Seti I se vernaamste taak om orde in die koninkryk te herstel en Egipte se soewereiniteit oor Kanaän en Sirië te hervestig wat bedreig is deur toenemende druk deur die Hetitiese staat. Seti het die Hetiete se mag verskeie kere met energie en vasberadenheid in gevegte uitgedaag. Hy kon nie ’n einde bring aan die Hetiete as ’n dreigende gevaar nie, maar het die grootste deel van die betwiste grondgebied vir Egipte herwin en die meeste van sy militêre veldtogte gewen.

Herinnerings aan sy militêre sukses is in ’n paar groot tonele voor in die tempel van Amoen in Karnak uitgebeeld. ’n Doodstempel is in Thebe aan die westeroewer van die Nyl vir hom opgerig en hy het begin met die bou van ’n indrukwekkende tempel van wit kalksteen in Abidos; laasgenoemde is later deur sy seun voltooi. Sy tydgenote het hom as ’n groot koning beskou, maar sy roem is sedertdien oorskadu deur dié van sy seun, Ramses II.

Graftombe

Seti I 
Die kop van Seti I se mummie.

Seti I se goed bewaarde tombe (KV17) is in 1817 deur die Italiaanse argeoloog Giovanni Battista Belzoni in die Vallei van die Konings ontdek. Dit was teen 136 meter die langste en diepste van al die tombes van die Nuwe Ryk. Dit was ook die eerste tombe met versierings (insluitende Die Legende van die Vernietiging van die Mensdom) in elke gang en kamer, met baie fyn basreliëfwerk en kleurryke skilderings. Stukke daarvan, onder meer ’n groot pilaar met Seti I by die godin Hathor, kan in die argeologiese museum in Florence gesien word. Hierdie dekoratiewe styl het ’n presedent geskep wat ten volle of gedeeltelik in latere tombes van die Nuwe Ryk gevolg is. Seti se mummie is eers in 1881 ontdek en word sedertdien in die Kaïro-museum gehou.

Sy groot sarkofaag, wat uit een stuk bestaan en aan elke kant versier is (met onder meer die godin Noet aan die binnekant), is in die Sir John Soane-museum in Londen.

’n Ondersoek van Seti I se baie goed bewaarde mummie het getoon hy was waarskynlik jonger as 40 jaar toe hy onverwags dood is. Dit is in skrille kontras met Horemheb, Ramses I en Ramses II, wat almal redelik oud geword het. Die rede vir sy vroeë dood is nie bekend nie, want daar is geen bewyse daarvoor aan die mummie nie. Die kop is afgekap, maar dit was waarskynlik die werk van grafrowers. Die Amoen-priesters het die kop versigtig weer met ’n linnekleed aan die lyf vasgewerk. Dit kan wees dat hy aan sy hart dood is, want dié is in die regterdeel van sy liggaam gevind, terwyl dit destyds altyd links geplaas is tydens die mummifikasieproses. Party meen dit was ’n fout, terwyl ander dink dit was ’n poging om die werking van Seti se hart in die hiernamaals te verbeter. Die mummie was sowat 1,7 meter lank.

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Seti I BewindSeti I GraftombeSeti I VerwysingsSeti I Eksterne skakelsSeti I1279 v.C.1290 v.C.1294 v.C.19de Dinastie van EgipteAntieke EgipteFaraoRamses IRamses II

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Nasionaal-Sosialistiese Duitse ArbeiderspartyNamakwalandJohannesburgHeupvervangingOnse VaderKinderregteOmtrek, oppervlakte en volumeKaartSlag van BloedrivierNederlandByGeografie van Suid-AfrikaWikimedia-stigtingGroepsdrukVroueregteVolhoubare ontwikkelingMensRepubliek die KongoArabies-Israeliese konflikKoorsblaarLangste woordVlekvrye staalJagluiperdWhatsAppLys van chemiese elemente volgens atoomgetalStereotipeWoudYsterKrokodilFiksieNazi-DuitslandVermenigvuldigingResensieRekenaarRegeringVlagterminologieWerkloosheidMark (ekonomie)Demokratiese AlliansieLeeudoringstad-spoorwegrampLys van Afrikaanse rolprenteLiefdeRonelda KamferLys van Afrikaanse televisiereekseSneeuBosluisbytkoorsHoofpynKasterolieKankerGeslagKlimaatsverandering in AfrikaBurgerregteSaartjie BaartmanNasionale PartyKlem-in-die-kaakNedersettingFranse RewolusieSeekatMusiekWoordLeah van NiekerkNederlandsVierkantswortelBlourokkeRekeningkundeOranjerivierBateLoftus MaraisDrakensbergePornografieLys van Griekse mitologiese figureNierversakingChemiese verbinding🡆 More