Serwiërs

Die Serwiërs (Serwies: Срби/Srbi, ) is 'n Slawiese nasie en etniese groep inheems aan Serwië en aangrensende lande van die Balkanskiereiland, wat Serwies, 'n Suid-Slawiese taal, as moedertaal praat.

    Hierdie artikel handel oor die etniese groep. Vir die taal, sien Serwies.

Hulle vorm die titulêre nasie van Serwië en maak volgens die laaste sensus van 2011 omtrent 83% van dié land se bevolking uit. Daarbenewens vorm Serwiërs volgens die grondwet saam met Bosniake en Kroate die titulêre nasie van Bosnië en Herzegowina en maak volgens die laaste sensus van 1996 omtrent 38% van dié land se bevolking uit.

Serwiërs
Serwiërs
Totale bevolking: ca. 11,5–12,5 miljoen
Belangrike bevolkings  in: Vlag van Serwië Serwië ~6 miljoen

Vlag van Bosnië en Herzegowina Bosnië en Herzegowina ~1,4 miljoen
Vlag van Duitsland Duitsland 500 000
Vlag van Oostenryk Oostenryk 300 000
Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State 199 080
Vlag van Kroasië Kroasië 186 633
Vlag van Montenegro Montenegro 178 110
Vlag van Switserland Switserland 150 000
Vlag van Frankryk Frankryk 120 000
Flag of Kosovo Kosovo 120 000
Vlag van Swede Swede 110 000–120 000
Vlag van Kanada Kanada 80 320
Vlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk 70 000
Vlag van Australië Australië 69 544
Vlag van Italië Italië 50 000–70 000
Vlag van Slowenië Slowenië 38 964
Flag of the Republic of Macedonia Noord-Masedonië 35 939
Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika 25 000
Vlag van Roemenië Roemenië 18 076
Vlag van Griekeland Griekeland 15 000

Taal: Serwies
Geloofsoortuiging: Hoofsaaklik Oosters-Ortodokse Kerk (Serwies-Ortodokse Kerk)
Verwante etniese groepe: Ander Suid-Slawiese volke soos Bosniake, Bulgare, Kroate, Masedoniërs, Montenegryne en Slowene
Serwiërs
Verspreiding van Serwiërs (en Montenegryne) in die destydse Sosialistiese Republiek van Joego-Slawië in 1981 (sonder Masedonië)
Serwiërs
Verspreiding van die Serwiese diaspora

Wêreldwyd leef tussen 11,5 en 12,5 miljoen Serwiërs, waarvan byna 6 miljoen in Serwië en 1,4 miljoen in Bosnië en Herzegowina. Daarbenewens vorm Serwiërs belangrike minderhede in Kosowo, Kroasië, Noord-Masedonië en Slowenië.

Die meeste Serwiërs is aanhangers van die Serwies-Ortodokse Kerk, waarna die drie-vinger saluut oorspronklik verwys. Hierby word die duim, wysvinger en middelvinger aan die uitgestrekte arm getoon, wat die Drie-eenheid van die vader, die seun en die Heilige Gees simboliseer.

Na die einde van die Tweede Wêreldoorlog het Wes-Duitsland in die 1950's en 1960's sy grootste ekonomiese opswaai beleef, die sogenaamde "Wirtschaftswunder", en die regering het Serwiërs genooi om in dié land te gaan werk en woon. Sulke kontrakte het Joego-Slawië onder andere met Europese lande soos Frankryk, Oostenryk, Swede en Switserland gesluit.

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

BalkanBosniakeBosnië en HerzegowinaEtniese groepKroateMoedertaalNasieSerwiesSerwiëSlawiërsSuid-Slawiese tale

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

NamakwalandMoslemTongaanse nasionale rugbyspanPapegaaieSatireNierversakingRenier van RooyenPaulus van TarsusNaeltjiesMiljardDassievoëlDinosourusOntkiemingOnderwysErica BoyerOntbinding van die SowjetunieBreingewasPaddaDramaDieregeluideThabo MbekiCristiano RonaldoKoos du PlessisGerrie PretoriusKolorektale kankerMenslike seksuele gedragLewerEpilepsieMarkus JoosteEuropaEkonomieJacques LootsLabia (geslagsdele)SwedeVulkaanOosters-Ortodokse KerkVerenigde State van AmerikaEucalyptusWayde van NiekerkRob HersovMisdaadKleinkolmuskeljaatkatHolocaustSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 1989DigvormRooibokPersoonlikheidKalenderHomofoonNAVOAfrikaanse naguilUnited Democratic FrontIntensiewe vormNic de JagerChristendomSusan CoetzerBateKoninkryk van die NederlandeRuslandJodePornografiese akteurBreinProvinsies van Suid-AfrikaHemelvaartsdagSuid-Afrikaanse etniese groepe en kultureLys van deelnemers aan die Slag van BloedrivierWaldimar PelserTropiese sikloonVerkleurmannetjieGeorgiëKlankverskynsels🡆 More