Die sersant-majoor (Abudefduf vaigiensis) is 'n vis wat in die Stille Oseaan, die Indiese Oseaan en meer spesifiek die Rooisee, Oman en aan die ooskus van Afrika suidwaarts tot in die suide van die Oos-Kaap voorkom.
In Engels staan die vis bekend as die Sergeant major.
Sersant-majoor | |
---|---|
Naby Taba in die Rooisee | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Subfilum: | |
Infrafilum: | |
Superklas: | |
Klas: | |
Subklas: | |
Infraklas: | |
Superorde: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | Abudefduf |
Spesie: | A. vaigiensis |
Binomiale naam | |
Abudefduf vaigiensis (Quoy & Gaimard, 1825) |
Die vis word tot 20 cm lank en is blougrys met vyf swarterige vertikale strepe op die lyf. Die rug is heldergeel en die stert is gevurk. Die vis kom voor in rotskusareas, hawens, beskermde areas, vlak rots- en koraalriwwe in water wat 0.3 tot 20 m diep is. Die volwasse visse verkies dieper water waar hulle in groepe bo die rif swem. Die onvolwasse visse word in rotsgetypoele gevind. Gedurende paartyd verander die mannetjie se kleur na blou. Die eiers word gelê op harde oppervlaktes en aggressief opgepas deur die ouers. Hulle vreet soöplankton en alge.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Sersant-majoor (vis), which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.