Serie A (Italiaans: ) is die hoogste sokkerafdeling in Italië.
Twintig klubs speel in hierdie betaalde manskompetisie. Elke klub speel twee keer per seisoen teen mekaar, met een weg-, en een tuiswedstryd. Die eerste vier plekke plaas hulleself vir die UEFA Champions League. Die vierde en vyfde plekke sal in die UEFA Europa League speel. Teen die einde van die seisoen word die onderste drie spanne afgeskuif (gerelegeer) na die Serie B (tweede vlak van die Italiaanse sokker). Al die 20 spanne uit beide Serie A en Serie B kwalifiseer saam met die boonste vier spanne uit Serie C vir die Coppa Italia (Italiaans vir: "Italiaanse beker"). Die Serie A-wenner en die Coppa Italia-wenner sal dan om die Supercoppa Italiana ("Italiaanse Superbeker") meeding.
Serie A | |
2023–24 Serie A | |
Kenteken van die Serie A | |
Sportsoort | Sokker |
---|---|
Gestig | 1898 |
Eienaar | Lega Serie A |
Inwydingseisoen | 1929–30 |
Deelnemende lande | Italië |
Aantal spanne | 20 |
Mees onlangse kampioen | SSC Napoli (2022–23) |
Verwante kompetisies | Serie B Coppa Italia Supercoppa Italiana |
Borg(e) | TIM |
SSC Napoli is tans die kampioen.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Serie A, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.