Die Delagoadoring (Senegalia welwitschii, voorheen bekend as Acacia welwitschii) is 'n doringboom wat inheems is aan Suid-Afrika en voorkom in die provinsies Mpumalanga en Limpopo.
Dit is ook inheems in Angola, Malawi, Mosambiek en Zimbabwe. Op die SANBI-rooilys is dit as 'veilig' (LC) gelys.
Delagoadoring | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Klade: | Rosids |
Orde: | Fabales |
Familie: | Fabaceae |
Genus: | Senegalia |
Spesie: | S. welwitschii |
Binomiale naam | |
Senegalia welwitschii (Oliv.) Kyal. & Boatwr., (2013) |
Die boom is gewoonlik groot en regop met 'n platterige kroon. Dit vorm digte stande op die noordelike vloedvlaktes soos in die Orpen-gebied van die Krugerwildtuin. In die suide van die wildtuin vorm dit ook 'n belangrike element van die Delagoa-ruigtes.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Delagoadoring, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.