Selfbesering

Selfbesering is die opsetlike, direkte besering van 'n persoon se eie liggaamsweefsel wat sonder selfmoordbedoelings gedoen word.

Die term selfbesering word in die meer onlangse literatuur gebruik in 'n poging om 'n meer neutrale terminologie daar te stel. Die ouer literatuur verwys amper uitsluitlik na selfmutilasie.

Klassifikasie

Selfbesering 
Opsetlike dwelmmisbruik of middeloordosering is 'n vorm van selfbesering met 'n ondertoon van selfmoord.

Selfbesering, ook bekend as selfleed, selftoegediende geweld of selfbeserende gedrag, verwys na 'n spektrum van gedrag waar aantoonbare leed deur 'n persoon self toegedien word. Die gedrag behels doelbewuste weefselskade wat gewoonlik sonder selfmoordbedoelings aangerig word. Die mees algemene vorm van selfbesering is selfsny waar die vel met 'n skerp voorwerp, soos 'n mes of lemmetjie, gesny word. Die term selfmutilasie word ook gebruik, maar sommige mense vind dit kommerwekkend, onakkuraat of beledigend. Selftoegediende wonde is 'n term wat spesifiek met soldate geassosieer word en beskryf niedodelike selftoegediende beserings ten einde vroeë ontslag te ontvang. Dit verskil van die algemene definisie van selfbesering, aangesien beserings vir 'n spesifieke sekondêre doel aangebring word. 'n Breër definisie van selfbesering kan persone insluit wat hulle liggame deur middel van eetsteurings beskadig.

Net soos baie ander steurings (bv. middelmisbruik, dobbelverslawing) lê selfbesering sonder selfmoordbedoeling op 'n spektrum, en net soos hierdie ander steurings word selfbeserende gedrag as 'n geestesversteuring geklassifiseer sodra dit 'n sekere drumpel bereik.

'n Algemene beskouing van selfbesering is dat dit aandagsoekende gedrag is. In die meeste gevalle is dit egter onakkuraat. Baie selfbeseerders is baie selfbewus oor hulle wonde en letsels en voel skuldig oor hulle gedrag; hulle sal baie moeite doen om dit te verberg. Selfbesering word as 'n hanteringsmeganisme gebruik om emosionele pyn of ongemak te verlig of as 'n poging om hulle pyn te kommunikeer.

Tekens en simptome

Tagtig persent van selfbesering behels dat die vel met 'n skerp voorwerp gesteek of gesny word. Die aantal selfbeseringsmetodes word egter slegs beperk deur 'n individu se vindingrykheid en vasberadenheid om homself te beseer; dit sluit in brand, selfvergiftiging, alkoholmisbruik, self-inbedding ("self-embedding"), hare-trek, selfkneusing/-slaan, krap om te beseer, die opsetlike misbruik van toonbank- of voorskrifmedisyne, en vorms van selfbesering verwant aan anoreksie of bulimie. Selfbesering vind gewoonlik op liggaamsareas plaas wat maklik vir ander weggesteek en verberg kan word. Alhoewel selfbesering in terme van liggaamlike leed gedefinieer word, is dit dalk meer akkuraat om dit in terme van die intensie te definieer, sowel as die emosionele pyn wat die persoon probeer hanteer. Dit word dikwels as slegs 'n simptoom van 'n onderliggende steuring beskou, alhoewel baie mense wat selfbeseer, sou wou sien dat dit meer spesifieke aandag ontvang.

Oorsaak

Geestesversteuring

Alhoewel sommige mense wat selfbeseer, nie aan enige erkende vorm van geestesversteuring ly nie, is daar by baie mense wat verskeie vorms van geestesongesteldheid ervaar, wel 'n hoër risiko vir selfbesering. Die vernaamste steurings wat 'n verhoogde risiko toon, is outismespektrumsteurings, grenslyn-persoonlikheidsversteurings, bipolêre gemoedsteurings, depressie, fobies, en gedragsteurings. Skisofrenie kan ook 'n bydraende faktor vir selfbesering wees. Sommige persoonlike eienskappe kan ook risikofaktore wees, soos swak probleemoplossingsvaardighede en impulsiwiteit. Daar is ooreenkomste tussen selfbesering en Münchausen-sindroom, 'n psigiatriese steuring waarin individue siekte of trauma veins. Die begeerte om mediese personeel te mislei ten einde behandeling en aandag te ontvang, is egter groter by die Münchausen-sindroom as by selfbesering.

Psigologiese faktore

Mishandeling tydens kinderjare word as 'n primêre faktor beskou wat tot die voorkoms van selfbesering bydra, sowel as verlies en problematiese verhoudings met ouers of 'n wederhelf. Faktore soos oorlog, armoede en werkloosheid kan ook bydra. Selfbesering word dikwels as 'n gevoel van depersonalisasie of 'n dissosiatiewe toestand beskryf.

Dwelms en alkohol

Substansmisbruik, afhanklikheid en onttrekking word met selfbesering geassosieer. Bensodiasepien-afhanklikheid sowel as bensodiasepien-onttrekking word met selfbeserende gedrag by jongmense geassosieer. Alkohol is 'n een van die belangrikste risikofaktore vir selfbesering.

Selfbesering 
'n Vloeidiagram van twee selfbeseringsteorieë

Behandeling

Terapie

Daar bestaan nie 'n spesifieke behandeling vir selfbeserende gedrag by kinders of adolessente nie. Die diagnose en behandeling van die oorsake van selfbesering word deur baie as die beste benadering tot die behandeling van selfbesering beskou. Daar is verder bevind dat behandelings soos kognitiewe gedragsterapie, gesinsintervensie, interpersoonlike terapie en verskeie psigodinamiese terapieë effektief vir die behandeling van selfbeserende gedrag by kinders en adolessente kan wees.

Vermydingstegnieke

Die aanleer van alternatiewe gedrag waarby die persoon kan betrokke raak in plaas daarvan om te selfbeseer, is een suksesvolle gedragsmetode wat aangewend word om selfbesering te vermy. Tegnieke wat daarop gemik is om besig te bly, kan die volgende insluit: dagboek hou, stap, deelname aan sport, oefening, of interaksie met vriende wanneer die persoon die drang het om hom-/haarself seer te maak. Die verwydering van voorwerpe wat vir selfbesering gebruik word, kan ook help om selfbeserende impulse te weerstaan. Selfbesering kan ook voorkom word deur vir die persoon 'n kaartjie met 'n noodkontaknommer te gee wat geskakel kan word wanneer die drang om te selfbeheer ervaar word. Alternatiewe en veiliger metodes van selfbesering wat nie tot permanente skade lei nie, soos om 'n rubberrekkie teen die gewrig te skiet, kan ook help om die drang na selfbesering te laat bedaar. Enige vermydings- of hanteringstrategie moet gepas wees vir die individu se motivering en rede vir selfbesering.

Epidemiologie

Dit is moeilik om 'n akkurate prentjie van die voorkomssyfer en -koers van selfbesering te vorm. Ondanks voldoende hulpbronne, is statistiese skattings vaag aangesien die meeste gevalle van selfbesering nie aan die mediese professie bekend is nie; selfbesering word dikwels in die geheim uitgevoer en wonde is dikwels oppervlakkig genoeg om maklik deur die individu self behandel te word. Aangetekende syfers kan op drie bronne gebaseer word: psigiatriese steekproewe, hospitaalopnames en algemene bevolkingspeilings.

Die Wêreldgesondheidsorganisasie beraam dat daar vanaf 2010 ongeveer 880 000 sterftes as gevolg van selfbesering voorgekom het.

Geslagsverskille

In die jongste navorsing is daar geen verskil in die voorkoms van selfbesering tussen mans en vroue bevind nie. Dit is in teenstelling met vorige navorsing wat aangedui het dat tot vier keer meer vroue as mans direkte ervarings van selfbesering het. Mans kan by ander vorms van selfbesering (soos om hulleself te slaan) betrokke wees wat makliker weggesteek of aan ander omstandighede toegeskryf kan word.

Studies dui ook aan dat mans wat selfbeseer, 'n groter gevaar loop om uiteindelik wel selfmoord te pleeg.

Daar blyk nie 'n verskil in die motivering vir selfbesering by adolessente mans en vroue te wees nie. By albei geslagte is daar byvoorbeeld 'n stygende toename in doelbewuste selfbesering wat met die verhoogde verbruik van sigarette, dwelms en alkohol geassosieer word. Snellerfaktore soos 'n lae selfbeeld en vriende en familielede wat hulleself beseer, kom ook algemeen onder mans sowel as vroue voor.

Ontwikkelende wêreld

Doelbewuste selfbesering is algemeen in die ontwikkelende wêreld. Navorsing oor selfbesering in die ontwikkelende wêreld is steeds baie beperk, maar daar is 'n belangrike gevallestudie oor Sri Lanka gedoen, 'n land met 'n hoë voorkomssyfer van selfmoord en selfvergiftiging met landboukundige plaagdoders of natuurlike gifstowwe. Baie persone wat volgens 'n studie deur Eddleston et al. vir opsetlike selfvergiftiging opgeneem is, was jonk en alhoewel slegs enkeles die begeerte uitgespreek het om te sterf, was sterftes redelik algemeen onder die jongmense in hierdie gevalle.

Gevangenes

Doelbewuste selfbesering is veral algemeen onder gevangenes. 'n Moontlike verklaring hiervoor is dat gevangenisse dikwels gewelddadige plekke is; gevangenes wat fisieke konfrontasies wil vermy, kan selfbesering op 'n misleidende wyse inspan, óf om ander gevangenes te oortuig dat hulle hoogs waansinnig en teen pyn bestand is óf om deur die gevangenisowerheid beskerm te word.

Samelewing en kultuur

Selfbesering 
Die oranje strikkie van selfbeserings-bewustheid.

Bewustheid

Daar is baie bewegings onder die algemene selfbeseringsgemeenskap om selfbesering en die behandeling daarvan onder geestesgesondheidspraktisyns sowel as die algemene publiek se aandag te bring. 1 Maart is byvoorbeeld regoor die wêreld as Selfbeseringsbewustheidsdag aangewys.

Ander diere

Selfbesering in niemenslike soogdiere is 'n goed gevestigde, maar 'n minder bekende verskynsel. Die studie daarvan onder dieretuin- of laboratoriumtoestande kan tot 'n beter begrip van selfbesering by menslike pasiënte lei.

Dieretuin- of laboratoriumteelt en isolasie is belangrike faktore wat tot verhoogde vatbaarheid vir selfbesering by hoër soogdiere, bv. makaak-ape, lei.

Obsessief-kompulsiewe versteurings onder honde kan tot selftoegediende beserings soos lekgranuloom lei. Voëls in gevangenskap is somtyds geneig om hulle vere uit te pluk. Die skade wissel van net bolangse veerplukkery tot die verwydering van die meeste of al die vere binne die voël se bereik, of selfs die verminking van die vel en spierweefsel.

Telers van skoumuise het soortgelyke gedrag opgemerk. Een so 'n vorm wat as "barbering" bekend staan, behels dat muise hulle eie en mekaar se snorbaarde en gesigpels afvryf. Ander sal hulle oortjies so erg krap dat hulle groot gedeeltes daarvan verloor.

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Selfbesering KlassifikasieSelfbesering Tekens en simptomeSelfbesering OorsaakSelfbesering BehandelingSelfbesering EpidemiologieSelfbesering Samelewing en kultuurSelfbesering Ander diereSelfbesering VerwysingsSelfbesering Eksterne skakelsSelfbeseringSelfmoordWeefsel

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

AnglisismeRenaissanceDramaTafelbergHipotesePersoonlikheidKindersiektesLys van veltoestandeOlifantMuishondVigsOnse VaderKoolstofdioksiedKlankverskynselsSatellietVermenigvuldigingWaterbesparing in Suid-AfrikaKlem-in-die-kaakOrgasmeLys van elemente volgens simboolNag van die lang messeWêreld- Ekonomiese ForumMynbedryf van Suid-AfrikaKoorsblaarLetterkundeAfkortingNoord-KaapHannes van WykVryheidsmanifesVennootskapStikstofKappie (skryfteken)Septimius AwardsGroepsdrukNatuurrampPaasfeesKonjunktivitisFacebookMiddeloorontstekingSuid-Afrikaanse GrensoorlogBeesLetterlike en figuurlike taalgebruikCounter-Strike 2IngenieursweseLeierBreinkaartMeervoudHerfsSenuweestelselAtletiekKleurTsoenamiNetbalElandréPriemgetalGroot GatKapitalismeAngina pectorisMadison IvyPeriodieke tabelWorcesterMonopolieEkotoerismeSelfoonJodeJeuksiekteAfrikanerweerstandsbewegingSkuinsstreepBoomslangOutismeHerpes simplexKewerWapen van Suid-AfrikaVerkleinwoordHibernasieAnrich HerbstKasteel die Goeie Hoop🡆 More