Seleukidiese Ryk: Historiese staat

Die Seleukidiese Ryk was ’n Hellenistiese staat wat van 312 tot 64 v.C.

regeer is deur ’n dinastie wat gestig is deur Seleukos I Nikator ná die verdeling van die ryk wat Alexander die Grote tot stand gebring het. Seleukos het Babilonië gekry.

Seleukidiese Ryk
Seleukidiese Ryk: Historiese staat
312 v.C. – 64 v.C. Flag
Flag
Ligging of Persië
Ligging of Persië
Die Seleukidiese Ryk (groen) op sy grootste
Hoofstad Seleukië (305–240 v.C.), Antiogië (240–63 v.C.)
Taal/Tale Grieks (amptelik), Persies, Aramees
Regering Monargie
Basileus
 - 305–281 v.C. Seleukos I Nikator (eerste)
 - 65–63? n.C. Filips II (laaste)
Historiese tydperk Mesopotamië
 - Gevestig 312 v.C.
 - Oorloë van die Diadoche 312 v.C.
 - Slag van Ipsos 301 v.C.
 - Romeins-Seleukidiese Oorlog 192–188 v.C.
 - Verdrag van Apamea 188 v.C.
 - Ontbind 64 v.C.

Geskiedenis

Seleukos het sy heerskappy van Babilonië af uitgebrei om ’n groot deel van Alexander se Nabye-Oosterse gebiede in te sluit. Op die hoogtepunt van die ryk het dit Sentraal-Anatolië, Persië, die Levant en Mesopotamië ingesluit, asook wat nou bekend is as Koeweit, Afganistan, Pakistan, Turkmenistan en noordwestelike dele van Indië.

Die Seleukidiese Ryk was ’n belangrikse sentrum van Hellenistiese kultuur wat die Antieke Griekse gebruik behou het waar ’n politieke elite oorheers het, meestal in die stedelike gebiede. Die Griekse bevolking in die stede wat voorheen die dominante elite gevorm het, is uit Griekeland verdryf.

Die Seleukidiese uitbreiding in Anatolië en Griekeland is skielik beëindig ná groot neerslae teen die Romeinse leër. Hul pogings om hul ou vyand Ptolemeïese Egipte te verslaan, is ook deur die Romeine in die wiele gery. ’n Groot deel van die ooste van die ryk is in die middel 2de eeu v.C. deur die Partiërs verower onder Mithridates I van Partië, maar die Seleukidiese konings het steeds uit Sirië oor ’n klein staat regeer tot met die verowering deur Rome.

Van die 2de eeu v.C. af het antieke skrywers na die Seleukidiese heersers verwys as "koning van Sirië", "koning van Asië" ens., maar die Seleukiede self het hulle nooit met ’n spesifieke geografiese gebied vereenselwig nie.

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

312 v.C.64 v.C.Alexander die GroteBabiloniëHellenistiese Griekeland

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

AlkoholismeElizabeth II van die Verenigde KoninkrykRuan PienaarWet op NaturellengrondAfrikaanse WikipediaLika BerningSalamanderWiki CommonsPlaasjapieLiesbreukDesimale breukeAce MagashuleLandbouVK (sosiale netwerk)BrandmondsindroomTylaCSSSpeelkaartSwedeLeeuLiewe HeksieGalileo GalileiWes-KaapRooikatSeksuele opwekkingSpierKoorsblaarJodeKoperSoogdierSally EsterhuizenMaanDermpoliepLetterlike en figuurlike taalgebruikLeestekenWeer (meteorologie)MiddeloorontstekingMenseregteVersamelnaamGlasLys van Suid-Afrikaanse skrywersMaroš ŠefčovičMenslike skeletMusiekteaterElon MuskOos-KaapHokkieEgiptiese mitologieGNU-lisensie vir vrye dokumentasieKolitisSneeuEierstokHebreeuse alfabetGodsdiensJeuksiekteReënSuid-Afrikaanse VrouefederasieLikkewaanVelMuishondJesus van NasaretViëtnamoorlogGqeberhaSkoolPornografiese subgenresDoziDolfynLatynTuisbladAntisemitisme🡆 More